Na afloop van ons Sinode in 2026 en besluite wat ons daar aan die hand van die Skrif geneem het, wil die NHK en NGK via hulle moderamens in gesprek tree met ons Deputate ekumenisiteit. Die skrywe wat aan die GKSA gerig word is ook wyd en syd versprei.
Die NHK en NGK spreek kommer uit oor samewerking wat die afgelope dekade verskraal het.
Verder skryf hul aan ons oor 'n "wesenlike teologiese verskil" mbt die Sinode se besluit oor vrou in die amp.
Daar is verskeie teologiese verskille wat ons met die onderskeie kerkverbande het. Vrou in die besondere ampte en ons besluit daaromtrent is sonder twyfel een van die kleinste verskille wat ons met hulle het.
Die hart van die probleem is ons verstaan van die "gesag van die Skrif" die NGK en NHK het 'n 'n totaal ander benadering tot die Skrif as ons. Dit moet ook bygesê word dat nie alle NGK en NHK lidmate dieselfde omgang met die Skrif het nie, daar is nog baie lidmate wat onverskrokke glo in die onfeilbaarheid van die Skrif, maar dat daar op Sinode vlak 'n groot aanhang van oa. die Naturalisme is, is 'n gegewe en was baie duidelik in die samesprekinge tussen die NGK en GKSA in Mei 2025.
Ons moet seker eerlik en konsekwent met introspeksie vra, het ons almal in die GKSA nog dieselfde Skrifbeskouing...