Oorweldigend vandag is die rapporte oor die binne en buitelandse verhoudinge met ander kerkverbande.
'n Hele klomp kerke word bygevoeg by die lang lys van kerke met wie die GKSA verhoudinge het. Dit strek van Amerika en Kanada tot Japan, Romenië, Australië, Skotland, Kongo, Indië ens. Ons dank die Here vir hierdie nuwe verhoudinge saam met dié wat daar reeds is.
Met hartseer is daar ook 'n klompie kerkverbande met wie ons verhoudinge moes breek vanweë volgehoue onbybelse standpunte.