Net so 30km anderkant Frankfort, of te wel net buite Tweeling in die Vrystaat, ontwikkel die DDS 'n kampterrein ten bate van die kerkverband. Die kampterrein is teen die Liebenbergsvleirivier en verskaf baie potensiaal vir enige vorm van kamp, hetsy vir 'n gemeente-of-katkisasiekamp.
Daar is 8 slaaplokale, wat elk vir so tussen 4 en 7 mense voorsiening maak
'n Plaashuis waarin daar gemaklik 9 mense kan slaap
'n Buitegebou (langs die plaashuis) wat gemaklik 'n gesin van 5 kan huisves
'n Eenslaapkamer woonstel met plek vir 'n gesin van 4
Daar is dan ook 15 karavaan staanplekke, toegerus met krag en water aansluiting