GKSA Standpunte: Die Kerk en openbare beleidsvorming
Die Kerk en openbare beleidsvorming - 地 praktiese voorstel vir Gereformeerde getuienis


Dr. Nico Vorster
Navorser: Skool vir Kerkwetenskappe
Noordwes Universiteit Potchefstroom Kampus


Opsomming

Die oorgang tot 地 nuwe grondwetlike bedeling in Suid-Afrika in 1994 het die verhouding tussen die kerk en die owerheid ingrypend verander. In die verandering na 地 nuwe bedeling is daar veral drie faktore wat 地 direkte invloed op die kerk het naamlik, die oorgang vanaf parlement靡e soewereiniteit na grondwetlike oppergesag, vanaf 地 Christelike staat na 地 neutrale staat, en vanaf verteenwoordigende demokrasie na deelnemende demokrasie. Die vraag is: hoe moet die kerk binne die nuwe konteks sy profetiese taak ten opsigte van die openbare lewe vervul? Die artikel probeer die vraag beantwoord deur te fokus op grondwetlike aanknopingspunte vir kerklike getuienis, belangrike beginsels vir profetiese getuienis binne 地 neutrale staat en pluralistiese samelewing, en bestaande kerklike strukture wat openbare mening probeer benvloed. Die voorstel van hierdie artikel is dat die reformatoriese kerke in Suid-Afrika betrokke moet raak by die wetgewende prosesse in die land deur 地 gereformeerde ekumeniese moniteringsliggaam tot stand te bring. Dit sal die mees effektiewe manier wees om openbare beleid te benvloed.

Algemene orintering


Artikel 28 K0 vereis van kerke(1) om profeties teenoor die owerheid van die dag te getuig. Die owerheid is immers 地 instelling van God wat reg en orde moet handhaaf (Romeine 13:4, Artikel 36 NGB). Hoewel die Bybel nie 地 politieke handboek is wat spesifieke staatkundige modelle voorskryf nie, het die kerk die profetiese roeping om die beginsels wat politieke modelle ten grondslag l en die wyse waarop die beginsels in die praktyk uiting kry, aan Bybelse beginsels en norme te meet (vgl GKSA, Agenda, 2003:83). Die taak van die kerk om openbare mening te benvloed is nie net vanuit 地 teologies-prinsipile hoek belangrik nie, maar ook vanuit 地 maatskaplike hoek. Die Vigspandemie, ho misdaadsyfer, armoede en die ongelykheid van die Suid-Afrikaanse samelewing maak morele leiding belangrik. Die vraag is egter: Hoe moet die kerk openbare mening benvloed? Die radikaliteit van die transformasieproses waardeur post-Apartheid Suid-Afrika gaan, hang grootliks daarmee saam dat die politieke, ekonomiese en sosiale vrugte van die Verligting feitlik oornag in Suid-Afrika genstitusionaliseer is. Die vraag na die openbare rol van die Christelike kerk het ingrypend en drasties verander (Smit, 1996b:193).

In 1994 is 地 regstaat in Suid-Afrika gevestig wat 地 verskuiwing in die verhouding tussen die owerheid en kerke gebring het. Sedert 1994 het dit duidelik geword dat die tradisionele werkswyse wat deur die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (voortaan GKSA) gevolg is om getuienis teenoor die owerheid te lewer hersien moet word. Die Deputate vir Gesprek met die Owerheid het hieroor soos volg aan die 2003 Sinode van die GKSA teruggerapporteer: 泥it het toenemend duidelik geword dat die tradisionele werkswyse wat tot 1994 deur die Deputate vir gesprek met die Owerheid gevolg is, indringend hersien moes word. Dit het 地 uiters moeisame proses geword met soms twyfelagtige tot niksseggende eindresultaat. Die status en rol van die kerk in 地 gesekulariseerde samelewing wat gestruktureer word deur 地 vrye (liberale) demokrasie het verander. (GKSA, Agenda, 2003:83).

Om effektiewe getuienis met betrekking tot die owerheid te lewer sal kerke hulleself deeglik moet vergewis van die verskillende elemente en beginsels wat die nuwe regstaatbedeling in Suid-Afrika onderl. Volgens Venter (1995:33) dui die konsep van 地 regstaat op 地 maatstaf waaraan die gebalanseerdheid, regverdigheid en effektiwiteit van 地 bepaalde staatkundige bestel gemeet word. Dit dui nie op 地 vorm van regering nie, maar op die wyse waarop 地 land se regsisteem werk (Coetzee, 1995:33).

Le Roux (1994:56) gee die volgende omvattende beskrywing van 地 regstaat:


"Die regstaat gee erkenning aan grondwetlike regering en die oppergesag van die reg. Dit beteken dat 地 owerheid se take deur regsvoorskrifte bepaal en afgebaken word. Terselfdertyd word die private en openbare vryhede en regte van elke individu beskerm, soos die vryheid van spraak, keuse van beweging en assosiasie sonder staatsinmenging. Die regstaat gee in 地 gedifferensieerde samelewing uitdrukking aan sowel politieke medeseggenskap deur individue as aan burgerlike owerhede. Voorts verskaf hy formele waarborge vir die verwesentliking van die regstaatbeginsel. Dit sluit in die skeiding van magte, regsbeskerming teen wanadministrasie, en onafhanklike regspraak en administrasie in ooreenstemming met die geskrewe wette van die Parlement."

Hoewel die 1996-Grondwet nie uitdruklik na Suid-Afrika as 地 regstaat verwys nie, is die beginsels en belangrikste elemente verbonde aan 地 regstaat in die finale Grondwet opgeneem in 地 direkte opdrag aan die grondwetskrywende vergadering. Reeds in 1996 het die Konstitusionele Hof na die regstaatbeginsel verwys as die leidende beginsel van die 1996-Grondwet (Venter, 1997:75, 81).

Verskeie regstaatbeginsels word in die 1996-Grondwet gevind


Artikel 1 (c) erken die oppergesag van die Grondwet, sowel as die heerskappy van die reg, as een van die grondwaardes van die Suid-Afrikaanse republiek.

Artikel 8(1) bepaal dat fundamentele regte grondwetlik beskerm moet word deurdat die Handves van Regte van toepassing gemaak word op die totale reg. Die Handves van Regte bind die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag, asook alle staatsorgane. Regte kan alleen ingeperk word wanneer die Grondwet dit goedkeur (Nathan, 1997:64)

Artikel 165(2) maak voorsiening vir 地 onafhanklike regbank wat slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe is.

Artikel 1 (d) beskerm basiese demokratiese beginsels soos algemene stemreg, 地 nasionale kieserslys, gereelde verkiesings en 地 veelpartystelsel van demokratiese regering, verantwoordingspligtigheid, 地 responsiewe ingesteldheid, en openheid as basiese grondwaardes van die Suid-Afrikaanse staat. Artikel 19 beskerm verder die politieke regte van alle burgers in Suid-Afrika.

Die regsprekende, wetgewende en uitvoerende gesag word van mekaar geskei deurdat die regsprekende gesag aan 地 onafhanklike regbank opgedra word, die wetgewende gesag aan 地 Parlement en die uitvoerende gesag aan 地 President (vgl artikels 165(2), 44(4) en 83).

Artikel 181(1 en 2) maak voorsiening vir onafhanklike meganismes ter ondersteuning van die Grondwetlike demokrasie wat net aan die reg onderworpe is. Hierdie meganismes bestaan uit die Openbare Beskermer, Menseregtekommissie, die Kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van Kultuur-, Godsdiens-, en Taalgemeenskappe, die Kommissie vir Geslagsgelykheid, die Ouditeur-Generaal en die Verkiesingskommissie.

Die verskuiwing in die verhouding tussen kerk en owerheid


Wanneer die regstaatbedeling vergelyk word met die vorige politieke bedeling wat vanaf 1910-1994 gestrek het, kan enkele belangrike verskille aangetoon word wat in die toekoms vir die verhouding van die kerk met die owerheid van deurslaggewende belang kan wees.

Parlement靡e soewereiniteit en Grondwetlike oppergesag


Die grondwetlike reg van Suid-Afrika was in die tydperk van 1910-1994 hoofsaaklik gebaseer op Britse koloniale grondwetlike beginsels wat gedurende die negentiende eeu ontstaan het en sedertdien verder ontwikkel is (vergelyk Venter, 1997:73). Die Parlement was in die tydperk soewerein, met die gevolg dat die wetgewende proses nie gebonde was aan grondwetlike maatrels en eksterne kontroles wat basiese menseregte beskerm het nie. Die Hooggeregshof kon wel die prosedures van grondwetlike wetgewende prosesse toets, maar die wette van die Parlement kon nie getoets word nie, met die gevolg dat die Parlement soewerein gebly het (Basson, 1995:17). Die regsorgane van die staat was grootliks onmagtig om die wetgewende aanslag op menseregte te keer (Basson, 1995:17).

Die 1910-Grondwet het voorsiening gemaak vir 地 eenheidstaat wat uit vier provinsies bestaan het. Die staat is regeer deur 地 nasionale kabinet wat 地 soewereine Parlement beheer het volgens die Westminster stelsel (Venter, 1997:54). Die Parlement het bestaan uit 地 Volksraad en Senaat (Eybers, 1918:ixxix). Die uitvoerende gesag was verantwoordbaar aan die Volksraad sodat daar nie 地 skeiding van magte was nie (Thompson, 1990:150). Wette wat die Grondwet verander, kon op dieselfde wyse gemplementeer word as enige ander wette (vgl Thompson, 1990:150). Howe kon nie die geldigheid van besluite van die soewereine Parlement toets nie, met die gevolg dat die Parlement soewerein gebly het. Die wetgewende prosesse was bo eksterne kontrole verhewe, sodat dit 地 magtige instrument in die hande van die Kabinet onder leiding van die Eerste Minister geword het (Venter, 1995:135).

In die periode vanaf 1910-1948 het die Parlement deur die statut靡e implementering van 地 Segregasiebeleid sistematies op grond van ras en kleur teen groepe mense in Suid-Afrika gediskrimineer, sonder dat die bevolking hulleself op enige regskanale kon beroep wat menseregte beskerm. Die Segregasiebeleid was 地 ideologiese en wetgewende sisteem wat gepoog het om blanke heerskappy binne 地 heterogene en veelrassige samelewing, wat toenemend besig was om te industrialiseer, te handhaaf en te verseker (vgl Vorster, 2002:71). Swart mense se reg op grond is as voorwaardelik gesien en die blanke is as voog van swart mense aangestel. Die Segregasiebeleid is gekenmerk deur diskriminasie en die legitimering van sosiale ongelykheid op verskeie samelewingsvlakke, sodat dit nie net 地 territoriale beleid was nie, maar ook 地 diskriminerende ideologiese sisteem wat alle segmente van die samelewing geraak het (vgl Dubow, 1989:1). Teen die Tweede W靡eldoorlog het die segregasiebeleid begin verkrummel. Die etniese mobilisering van Afrikaners om hulle ekonomiese, kulturele en politieke belange te dien sou egter lei tot die oorname van die Gesuiwerde Nasionale Party in 1948 en 地 meer rigiede politieke sisteem van rassediskriminasie vanaf 1948 (Vorster, 2002:89).

Vanaf 1948 is die Apartheidsbeleid gemplementeer. Die beleid van Apartheid was 地 meer rigiede vorm van segregasie wat aan die een kant gekenmerk is deur sosiale en politieke skeiding, maar aan die ander kant deur groter ekonomiese integrasie. Die Apartheidsbeleid het deur diskriminerende wetgewing probeer om wit heerskappy te handhaaf en te konsolideer, die suiwerheid van die wit ras te verseker en om die ekonomiese belange van die wit bevolking te dien (Vorster, 2002:89). Apartheid is deur die na-oorlogse w靡eld as een van die mees diskriminerende politieke sisteme van die tyd beskou en is vanaf die 1960痴 aktief bestry met ekonomiese sanksies en internasionale isolasie. Die WVK-verslag noem die beleid van Apartheid op sigself 地 menseregteskending: 鍍he policy of Apartheid was itself a human rights violation. The determination of an individual痴 civil and political rights by a factor skin colour over which he or she has no control, constitutes an abuse of those rights (WVK 1998, I:29).

In 1961 is 地 nuwe Grondwet aanvaar wat die era van genstitusionaliseerde afsonderlike ontwikkeling ingelei het, waarvolgens vier etniese swart state en ses selfregerende gebiede ontwikkel is. Die res van die gebied is vir die Blanke, Kleurling en Asiatiese bevolking gelaat (Venter, 1997:55). Die Westminster beginsels is onveranderd behou, met die gevolg dat die wetgewende en uitvoerende magsposisie van die Eerste Minister behou is (vgl Venter, 1995:135). In 1983 is weereens 地 nuwe Grondwet aanvaar waarin voorsiening gemaak is vir 地 nuwe driekamer-Parlement en 地 President met baie sterk uitvoerende magte. Die nuwe driekamer-Parlement was nog steeds soewerein, terwyl die kamer wat uit blankes bestaan het, vetoreg gehad het (vgl Venter, 1997:55 en 1995:135). Soos wat die politieke situasie in Suid-Afrika versleg het, het die Parlement deur veiligheidswetgewing groter magte aan die uitvoerende gesag begin gee, sodat die Parlement eintlik sy eie soewereiniteit prysgegee het.

Die feit dat die Parlement in die tydperk vanaf 1910-1994 soewerein was het daartoe gelei dat rassistiese strukture sistematies gevestig kon word, en dat die regering in sosiale organisasies se sake kon inmeng (Van der Vyver, 1998:1). Kerke wat teen die Apartheidsbeleid gekant was, het magteloos gestaan teen die statut靡e aanslag op menseregte en was self die slagoffer van diskriminerende wetgewing en gewelddadige staatsoptrede. Die bekendste voorbeelde hiervan was die sogenaamde Church Clause in die Wysigingswet op Swart Wetgewing (36/1957) wat aan die Minister van Samewerking en Ontwikkeling die reg gegee het om vanaf enige gegewe datum swart eredienste in wit gebied te verbied, die verbanning van die Christelike Instituut in 1977, die staatsbeplande aanval op die hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in 1988, en die vernietiging van die hoofkwartiere van die Suid-Afrikaanse Katolieke Konferensie in dieselfde jaar (WVK, 1998, IV:75).

Met die totstandkoming van die Regstaat in 1994 het die Parlement sy bykans onbegrensde magte verloor. Die wetgewende gesag is ingevolge die 1996-Grondwet saam met die uitvoerende en regsprekende gesag gebonde aan 地 Handves van Regte (vgl artikel 8(1)). Indien die Parlement wette sou maak wat strydig is met die Handves van Regte kan die Grondwetlike Hof sodanige wette ongrondwetlik verklaar.

As regspersone is kerke geregtig op die regte in die Handves van Regte, met die gevolg dat kerke nie soos in die verlede magteloos hoef te staan teenoor onderdrukkende wetgewing wat uitgevaardig word nie (vgl Artikel 8(4)). Kerke kan hulleself op hulle grondwetlik-erkende regte beroep. Aan die ander kant word kerke as regspersone ook gebind aan die Handves van Regte. Die Handves van Regte het ingevolge artikel 8(2) 地 horisontale toepassing wat beteken dat individue nie net teen magsmisbruik deur die owerheid beskerm word nie, maar ook teen kollektiewe magsmisbruik deur organe anders as die staat. Kerke kan gevolglik voor howe tot verantwoording geroep word oor menseregteskendings. Hieruit word dit duidelik dat die kerk se verhouding met die owerheid binne die konteks van 地 regstaat 地 sterker statut靡e grondslag sal h as in die vorige bedeling. Die kerk sal daarom binne die raamwerk van die Grondwet moet werk, en kanale wat die regstaat bied, moet benut.

Christelike regering en neutrale regering


Die vorige minderheidsregering het homself as 地 voorstander van Christelike waardes beskou. In die inleiding van die 1983-Grondwet word ges dat die Konstitusie probeer om Christelike waardes te handhaaf. Die owerheid se ideaal van 地 samelewing gebaseer op Christelike waardes het daartoe gelei dat die Christelike godsdiens voorkeurbehandeling bo ander godsdienste en waardesisteme geniet het. So het die Christelike godsdiens 地 eksklusiewe toegang tot die aanbieding van godsdiensprogramme op televisie gehad bo ander godsdienste. Die Wet op Publikasies (42/74) het bepaal dat die Suid-Afrikaanse bevolking se Christelike lewens- en w靡eldbeskouing in die toepassing van die wet erken sal word. Die Wet op Nasionale Onderwysbeleid (39/67) het in seksie 2(1a en b) bepaal dat wit kinders se onderrig Christelik-Nasionaal sou wees, en die Wet op Onderwys en Opleiding (90/1979) het in seksie 3(a) bepaal dat swart kinders se onderrig Christelik sou wees sonder die nasionale komponent. Daar was ook 地 verskeidenheid van Sondagsonderhoudings-statute en provinsiale ordonnansies wat aan die een kant betrekking gehad het op sake-ondernemings en aan die ander kant op vermaak en rekreasie (vgl Van der Vyver, 1998:3 en Wet op die verbod op die vertoon van rolprente op Sondae en openbare vakansiedae 16/1977). Die owerheid het verder die strafreg gebruik om sosiale euwels soos prostitusie, aborsie en dobbelary te bekamp.

Hoewel dit debatteerbaar is of die vorige owerheid met sy rekord van menseregteskendings werklik Christelike waardes gehandhaaf het, het die Christelike godsdiens voorkeur-behandeling bo ander godsdienste geniet. Die gevolg was dat veral die drie hoofstroom Afrikaanse kerke op 地 gemeenskaplike basis met die owerheid gesprek kon voer.

Een van die staande opdragte van die Nasionale Sinode van die GKSA aan sy Deputate vir Owerheid Sake was dat die Deputate wetgewing moes dophou en in die lig van Sinodebesluite moes optree. In die uitvoering van hierdie opdrag het die Deputate vir Gesprek met die Owerheid gereeld by die owerheid aangedring op wetgewing wat 地 Christelike lewens- en w靡eldbeskouing bevorder. Die strafregtelike wetgewing waarop aangedring is, het praktyke soos handelsbedrywighede op Sondae; die keuring van immigrante; die toepassing van die Wet op Publikasies; en die bestryding van onsedelikheid, owerspel en buite-egtelike verhoudings geraak (vgl byvoorbeeld GKSA, Acta 1964:517; 1988:464-481; 1991:661; 1994:567-568, 581, 584-585). Die owerheid het van sy kant dikwels skrywes gerig aan die Afrikaanse kerke waarin die kerke se raad oor bepaalde etiese sake gevra is (vgl byvoorbeeld GKSA, Acta, 1976:467-468). Afrikaanse kerke het verder 地 oop deur tot persoonlike gesprekke met die owerheid gehad. So het die Deputate vir Owerheid Sake gereeld gesprekke met destydse Eerste Ministers gevoer waaroor aan die Nasionale Sinode teruggerapporteer is (vgl GKSA, Acta, 1979:299).

Binne die nuwe staatkundige bedeling bestaan die gemeenskaplike Christelike gespreksbasis tussen kerk en owerheid nie meer nie. Uit artikels 15(2) en 185 (1b) van die 1996-Grondwet kan dit afgelei word dat alle godsdienste deur die owerheid op 地 gelyke voet behandel moet word en dat die staat neutraal moet bly. Kerke kan daarom nie meer van die owerheid verwag om Christelike waardes deur wetgewing te beskerm of om 地 spesifieke Christelike moraliteit op die samelewing af te dwing nie, omdat dit die owerheid in stryd met die Grondwet sal bring. Die realiteit word weerspiel in die feit dat die owerheid nie meer die strafreg gebruik om Christelike samelewingswaardes te handhaaf nie. Onchristelike praktyke soos aborsie op aanvraag, volwasse pornografie en dobbelary is sedert 1994 deur die nuwe owerheid gewettig.

Selfs ten opsigte van gesprekke met die owerheid kan die kerk nie meer voorkeur-behandeling verwag nie. Die kerk sal sy profetiese roeping voortaan binne 地 konfessioneel-pluralistiese opset moet uitleef. In die Deputate vir Owerheid Sake se Rapport aan die Nasionale Sinode van die GKSA word gerapporteer dat die Deputate nie suksesvol was in sy pogings om gesprek met die Staatspresident te voer nie: 哲adat oor die (nie) haalbaarheid van 地 gesprek met die President van die RSA besin is, is besef dat ander we van kommunikasie met die owerheid gevind sal moet word. (GKSA, Agenda, 2003:82-83).

In die toekoms sal die President waarskynlik net met 地 gesamentlike liggaam bestaande uit verskillende godsdienste gesprek voer, en nie meer met verskillende kerke nie.

Uit die bogenoemde word dit duidelik dat die kerk binne die regstaatbedeling 地 nuwe gespreksbasis met die owerheid sal moet vind. Binne die regstaatbestel sal die Handves van Regte waarskynlik as die enigste gemeenskaplike basis vir gesprek kan dien, omdat die Handves van Regte die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag aan bepaalde menseregtebeginsels bind. Sedert 1994 het die Suid-Afrikaanse howe in hulle grondwetlike regspraak hoofsaaklik aangesluit by die liberaal-westerse tradisie se antroposentriese fundering van menseregte as die onvervreembare, aangebore en inherente besit van alle mense (vgl Vorster, 2002:281). Hoewel daar onder die vernaamste teolo en kerklike vergaderings binne die reformatoriese tradisie grootliks konsensus bestaan oor die feit dat die konsep van menseregte wel versoenbaar is met die Skrif, word daar eerder van Godgegewe as inherente, aangebore regte gepraat (vgl RES, 1983:151-152, WARC, 1976:51 en Van Wyk 1991:254). Die feit dat die howe 地 liberale antroposentriese fundering aan die grondwaardes van die Grondwet gee, kan soos in die geval van die aanvaarding van die Wet op Keuse oor die beindiging van Swangerskap (92/96), probleme skep wat die soeke na 地 gemeenskaplike gespreksbasis tussen kerk en owerheid kan bemoeilik.

Verteenwoordigende demokrasie en deelnemende demokrasie


In die regstaatbestel val die onderskeid tussen owerheid en onderdaan weg, en word eerder gepraat van 地 burgery, want die staatkundige bestel bevat meganismes wat individue of groepe in staat stel om direk aan wetgewende prosesse deel te neem. Die klem val dus nie meer, soos vroer, op verteenwoordigende demokrasie nie, maar wel op deelnemende demokrasie.

In ooreenstemming met die beginsel van deelnemende demokrasie maak die Grondwet voorsiening vir meganismes wat onafhanklik van die staat funksioneer, en wat net aan die reg onderworpe is soos die Grondwetlike Hof, Menseregtekommissie, Openbare Beskermer, die Kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van Kultuur-, Godsdiens-, en Taalgemeenskappe, die Kommissie vir Geslagsgelykheid, die Ouditeur-Generaal en die Verkiesingskommissie. Die taak van hierdie meganismes is om by die owerheid en die burgerlike gemeenskap respek te skep vir die waardes van die Suid-Afrikaanse Grondwet (vgl artikel 181 (1 en 2)). Die burgerlike gemeenskap kan hulleself op hierdie liggame beroep wanneer hulle regte aangetas word. Behalwe vir die onafhanklike meganismes ter ondersteuning van die grondwetlike demokrasie, vaardig die owerheid gereeld konsepwetgewing uit vir kommentaar deur die burgerlike gemeenskap. Op hierdie wyse word die burgerlike gemeenskap in staat gestel om direkte inspraak in wetgewende prosesse te kry.

Die Deputate vir Owerheid Sake het in sy 2003 Rapport aan die Nasionale Sinode van die GKSA daarop gewys dat dit weinig sin vir die kerk het om, soos in die verlede, gesprekke met parlementslede of streeksverteenwoordigers te voer. Die strategie van inspraak by sogenaamde vriende in verantwoordelike kringe (soos in die vorige bedeling) is nie meer 地 werkbare opsie nie (GKSA, Agenda, 2003:84). Die Deputate stel daarom voor dat ander moontlikhede soos die kerklike monitering van konsepwetgewing, die aanbied van kundigheid aan staatsdepartemente wanneer konsepwetgewing opgestel word, en die daarstelling van 地 adviesgroep van Christen-parlementarirs van reformatoriese belydenis wat aan kerke terugrapporteer, oorweeg moet word (vgl GKSA, Agenda, 2003:85, 86).

Uit die 2003 Rapport van die GKSA se Deputate vir Owerheid Sake blyk dit duidelik dat die vraag na die praktiese wyse van kerklike getuienis binne die Suid-Afrikaanse regstaat, spesifiek met betrekking tot die owerheid, baie aktueel is. Die vraag wat in hierdie artikel aan die orde kom is die volgende: Watter praktiese model moet die kerk volg om sy profetiese roeping teenoor die owerheid en samelewing na te kom binne die konteks van 地 regstaat en 地 sosiaal- en konfessioneel-pluralistiese samelewing? Hierdie vraag sal vervolgens beantwoord word deur te fokus op moontlik grondwetlike aanknopingspunte vir getuienis, belangrike beginsels vir profetiese getuienis binne 地 neutrale staatsverband en pluralistiese samelewing, bestaande kanale vir profetiese getuienis, en 地 moontlike model vir kerklike monitering van wetgewing.

Grondwetlike aanknopingspunte vir kerklike getuienis


Die formele skeiding tussen kerk en staat in polities-liberale bestelle en die grondwetlike erkenning van religieuse pluralisme het dikwels die gevolg dat kerklike getuienis tot die private sfeer beperk word en dat kerke dit moeilik vind om openbare mening te benvloed. Die Verenigde State van Amerika is 地 goeie voorbeeld van 地 land waar die absolute skeiding tussen godsdiens en staat tot die feitlike negering van 地 openbare rol vir godsdiens lei.

Die Amerikaanse Grondwet bevat in die eerste Amendament wat oor godsdiensvryheid handel, beide 地 sogenaamde free exercise clause en 地 establishment clause. Die free exercise clause verbied die staat om gewetensdwang op aanhangers van godsdienstige oortuigings toe te pas. Dit vind, volgens die American Supreme Court, alleen plaas wanneer van iemand vereis word om teenstrydig met sy godsdienstige oortuigings op te tree. As 地 wet 地 religieus-neutrale impak het hoef 地 beperking op religieuse optrede nie geregverdig te word nie (Pieterse, 2000:303-304). Die establishment clause verbied weer die staat om direk of indirek bepaalde godsdienste of godsdienstige oortuigings te bevorder. Dit probeer om 地 skeiding tusssen kerk en staat te handhaaf sodat godsdienstige oortuigings nie op burgers afgedwing word nie. Terselfdertyd poog dit om die gelykheid tussen godsdienste te handhaaf (vgl Pieterse, 2000:303). Volgens Witte (1993:21-22) was die oorspronklike bedoeling van hierdie twee klousules om godsdiensvryheid te beskerm. Die Amerikaanse howe het egter die klousules teenoor mekaar gaan stel, in stede daarvan om dit te gebruik as gesamentlike waarborge vir godsdiensvryheid. Die gevolg was dat die beginsel van 地 skeiding tussen kerk en staat 地 instrument geword het waardeur godsdiens geprivatiseer en gemarginaliseer word.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet bevat nie 地 eksplisiete establishment clause nie en handhaaf daarom ook geen absolute skeiding tussen godsdiens en staat nie (vgl Henrard, 2001:54). In die saak State v Lawrence is die afwesigheid van 地 establishment clause deur die Grondwetlike Hof bevestig. Vier regters het gemaan dat 地 establishment clause nie in die Grondwet ingelees moet word, soos in die geval van die Amerikaanse Grondwet nie (vgl Ackermann, 2002:181, Venter, 1998:457). Volgens Regter Ackermann (2002:178) probeer die Grondwet duidelik om nie 地 muur tussen staat en godsdiens op te rig nie. Inderwaarheid erken en ondersteun die Grondwet die belangrike rol wat godsdiens in die samelewing speel (Gildenhuys, 2002:200). Dit word bevestig deur die volgende opmerkings van Regter Sachs in Christian Education South Africa v Minister of Education [par 33]:

迭eligion is not always merely a matter of private individual conscience or communal sectarian practice. Many major religions regard it as part of their spiritual vocation to be active in the broader society. Religion is not just a question of belief or doctrine. It is part of a way of life, of a people痴 temper and culture.

Die afwesigheid van 地 establishment clause in die Suid-Afrikaanse Grondwet word bevestig deur artikel 15 (2) van die 1996-Grondwet wat ruimte laat vir die beoefening van godsdiens by staatskole. Artikel 15(3) beskerm verder die regte van godsdienstige minderheidsgroepe deur voorsiening te maak vir huwelike wat ooreenkomstig godsdienstige reg aangegaan word, asook stelsels van persone- en familiereg wat gevolg word deur persone wat 地 bepaalde godsdiens aanhang. Daarbenewens beskerm die Grondwet indirek en direk kommunale aspekte van godsdiensbeoefening (Ackermann, 2002:178). Artikel 18(1) beskerm kommunale en institusionele aspekte indirek deur die reg tot vryheid van assosiasie te beskerm en artikel 31 beskerm dit direk deur die regte van kultuur, godsdienstige en taalgemeenskappe te erken. Daar is ook ander artikels in die Grondwet wat van toepassing is op die openbare rol van godsdiens. Artikel 16 waarborg die vryheid van uitdrukking, waaronder die vryheid om idees of inligting te ontvang en oor te dra, en die reg op akademiese vryheid en vryheid tot wetenskaplike navorsing. Hierdie artikel maak dit moontlik vir godsdienstige gemeenskappe om sosiale en politieke strukture en beleid te kritiseer in terme van die dogma van sodanige godsdienste (vgl Du Plessis, 1994:166). Artikel 17 beskerm verder die reg om vreedsaam te vergader. Artikel 19 beskerm die reg om 地 politieke party te kan vorm, wat ook Christelike partye kan insluit, en artikel 29(3) beskerm die reg om godsdiensonderrig te gee by private onderwysinstellings.

Uit die aard van die saak kan gevalle voorkom waar die openbare rol van godsdiens in gedrang kan kom. Die afwesigheid van 地 establishment clause beteken nie dat die staat vrylik in godsdienstige aangeleenthede kan inmeng of vrylik alle religieuse praktyke kan ondersteun nie (Gildenhuys, 2002:202). Die reg tot godsdiensvryheid sal in gedrang kom wanneer die staat se ondersteuning van godsdiens daarop neerkom dat persone gedwing word om hulle godsdienstige oortuigings te verander of wanneer die staat se ondersteuning van godsdiens daarop neerkom dat tussen persone gedifferensieer word op grond hulle godsdiens. Wanneer die gelyke beskerming van alle godsdienste voor die reg in gedrang kom, kan die gelykheidsklousule ook in gedrang kom (Pieterse, 2000:309). Verder moet in gedagte gehou word dat al die artikels (15(2), 16, 31) wat 地 openbare plek aan godsdiens toeken interne beperkingsklousules bevat, wat beteken dat hierdie regte ingeperk kan word sonder die noodsaaklikheidsvereiste van artikel 36 (vgl Pieterse, 2000:316). Sodanige inperkings sal egter net plaasvind wanneer openbare orde en die vreedsame naasbestaan van landsburgers in gedrang kom.

Behalwe vir bogenoemde artikels word die Suid-Afrikaanse staat in die aanhef van die Grondwet beskryf as 地 oop en demokratiese samelewing. Openheid impliseer dat openbare beleid rasioneel geregverdig moet kan word en dat sosiale groepe 地 geleentheid moet kan h om 地 rol te kan speel in openbare beleidsvorming. Daarom word konsepwetgewing vir kommentaar aan die burgerlike gemeenskap voorgel. Dit dien as 地 belangrike aanknopingspunt vir die kerk om 地 rol te speel in openbare beleidsvorming.

Uit die bogenoemde kan afgelei word dat die nuwe Grondwet voldoende ruimte bied vir die kerk om 地 openbare kritiese rol te vervul. Die kerk sal egter moet besef dat dit nie voorkeurbehandeling ten koste van ander godsdienste kan verwag nie. Die nuwe Grondwet beskerm religieuse pluraliteit en diversiteit soos duidelik blyk uit artikels 6 (5)(b) (ii) en 15(3) (vgl Gildenhuys, 2002:129). Verder stel die Grondwet dit self ten doel om verdraagsaamheid tussen Suid-Afrikaners te bevorder deur individue en groepe met botsende belange te versoen (vgl aanhef waar gestel word dat die Grondwet die verdeeldheid van die verlede probeer oorkom). Die kerk sal daarom moet poog om by wyse van dialoog aan openbare debat deel te neem.

Kernbeginsels vir profetiese getuienis


Die Amerikaanse etikus Gustaffson (1988:268-270) onderskei tussen vier vorme van kerklike morele diskoers met betrekking tot die openbare lewe naamlik, die profetiese, narratiewe, etiese- en beleidsdiskoerse. Onder profetiese diskoers verstaan hy twee hoofelemente. Die eerste element is morele en religieuse aanklagte. Oorsake vir afval in die samelewing word gedentifiseer en sterk veroordeel. Die tweede element is dat 地 ideaal gedentifiseer word wat op 地 utopiese wyse aan die samelewing voorgehou word as iets om na te streef. Die narratiewe diskoers gebruik verhale om die religieuse en morele identiteit van 地 spesifieke gemeenskap te vorm. Deur verhale te vertel word 地 bepaalde groeps-etos gevorm. Dit is egter alleen effektief binne homogene gemeenskappe wat gemeenskaplike ervarings deel. Etiese diskoers gebruik filosofiese vorme van argumentasie en analise. Dit word gekenmerk deur presiese omskrywings van begrippe soos, geregtigheid, regte, pligte ensovoorts, asook 地 logiese vorm van argumentasie. Beleidsdiskoers formuleer weer die beleid wat verkieslik is binne bepaalde historiese omstandighede. Dit word gewoonlik gedoen deur persone wat verantwoordelike posisies van mag beklee.

Verskillende vorme van morele diskoers sal in verskillende situasies gebruik word. Die vorm van diskoers wat gebruik word behoort verder ingeklee te word deur morele beginsels wat vertrekpunte en riglyne vir getuienis verskaf. Die volgende beginsels sal volgens die mening van hierdie artikel in die toekoms belangrik wees vir effektiewe getuienis teenoor die owerheid.

Moreel-etiese getuienis


Dit is belangrik dat die kerk in die uitvoering van sy profetiese taak sy eie unieke karakter moet behou. Kuitert (1985:227) wys tereg daarop dat hoewel God met alle dinge te doen het, teologie nie alles weet nie. Die kerk is doodgewoon nie toegerus om alle politieke, ekonomiese en juridiese aangeleenthede aan te spreek nie. Hoe meer die kerk op terreine van ander dissiplines beweeg, hoe weerloser en ongeloofwaardiger word die stem van die kerk. Aan die ander kant is dit belangrik dat die kerk nie uit die openbare lewe geweer moet word nie. Die lewenswyse van gelowiges is nooit sonder politieke betekenis nie (vgl Smit & De Villiers, 1995:45). In Europa het die absolute skeiding tussen kerk en staat nie net die kerk gemarginaliseer nie, maar ook bygedra tot morele deformasie in die Europese samelewings. Die marginalisering van die kerk het gedeeltelik aanleiding gegee tot die verbrokkeling van gesinswaardes en die geleidelike vernietiging van familienetwerke. In 地 insiggewende studie deur Wiher (2002) word aangetoon dat die skuld-kultuur wat vroer in Christelike Europa bestaan het, stelselmatig as gevolg van sekularisasie plek maak vir 地 skaamte-kultuur. Omdat jongmense in Europa nie meer vashou aan godsdienstige waardes en Goddelike regverdigheid nie, ervaar hulle nie meer skuldgevoelens oor verkeerde dade nie, maar alleen skaamte wanneer hulle uitgevang word. Die kerk is een van die weinige gemeenskappe waarin mense geskool word om vanuit 地 beginselbasis goeie en ordentlike burgers van die samelewing te wees (vgl Smit, 1996a:123). Tereg stel Smit (1996b:196) dat moraliteit gevorm en gekweek moet word. Daar is egter instellings in die samelewing nodig waar morele formasie kan plaasvind. Juis as gevolg van sy eie aard en roeping kan die kerk die politieke sfeer nie aan die owerheid alleen oorlaat nie. Die owerheid benvloed immers die kwaliteit van mense se lewens en die kerk het die roeping om daarby betrokke te wees (Smit, 1996b:194).

Die kerk behoort egter in die openbare domein sy fokus te beperk tot religieuse en moreel-etiese aangeleenthede. Teenoor Kuyper wat meen dat die kerk in sy institut靡e vorm alleenlik sy eie identiteit kan prysgee deur betrokkenheid op die openbare domein, moet gestel word dat die formulering van openbare beleid en wetgewing altyd bepaalde etiese aspekte vertoon. Dit gaan immers in openbare beleid oor perspektiewe op die gemeenskaplik goeie (vgl Cochrane, 1997:6). Agter objektiewe ekonomiese en politieke strukture staan lewens- en w靡eldbeskouings wat koherensie en rigting gee aan daardie strukture (vgl Cochrane, 1997:9). Vrae oor moraliteit, mensbeskouing, botsing van morele pligte, grense vir magsuitoefening, die ekonomiese impak van wetgewing ensovoorts is inherent deel van die problematiek in openbare beleidsvorming en dit raak die kerk op 地 direkte wyse. Kerke kan daarom in openbare beleidsvorming 地 belangrike rol speel sonder om sy eie identiteit prys te gee. Die kerk behoort immers vanuit sy eie evangeliese verstaan van geregtigheid vir gestaltes daarvan in die samelewing te stry (vgl Smit, 1996b:200).

Solid靡-kritiese getuienis

Met solid靡 word bedoel dat die kerk die welsyn van die bre gemeenskap moet dien. Kerke moet nie engere sektariese belange of die eiesoortige politieke belange van hulle lidmate dien nie. Die geloofwaardigheid van die kerk se stem bestaan juis daarin dat die kerk, in teenstelling met opposisie politieke partye, nie mag nastreef of selfsugtige politieke gewin soek nie. Smit en De Villiers (1995:45) stel tereg dat die samelewing en die staat daarvan afhanklik is dat daar aan die dialoog tussen sosiale magsgroepe ook partye deelneem wat geen direkte eiebelang het by die uitkomste nie. 地 Belangrike deel van die solid靡e benadering van die kerk behoort juis die soeke na versoening tussen verskillende sosiale groepe te wees.

Met krities word bedoel dat die kerk dit self nie met politieke ideologie moet kompromiteer nie. Suid-Afrika se verlede is 地 goeie bewys van die gevare van 地 onkritiese verhouding tussen kerk en staat. In Suid-Afrika bly dit 地 wesentlike gevaar dat die kerk ingespan kan word om 地 burgerlike godsdiens van nasiebou en versoening te dien. Deur 地 kritiese rol te vervul kan die kerk 地 belangrike rol as waghond speel deur toe te sien dat die owerheid sy mag nie misbruik nie.

Transendente en immanente getuienis


地 Onderskeid moet getref word tussen transendente en immanente profetiese kritiek. Onder transendente kritiek word verstaan 地 vorm van kritiek wat ander denksisteme vanuit die eie denksisteem kritiseer. Immanente kritiek, daarenteen, is 地 vorm van kritiek wat ander denksisteme binnedring en sekere anomalie in die denksisteem uitwys deur met die ander denksisteem in die taal van die ander denksisteem te kommunikeer. Die etiese diskoers se filosofiese vorme van argumentasie, presisie van konsepte en logiese denke sal veral hier ter sprake kom.

Wanneer persone of groepe persone vanuit verskillende paradigmas met mekaar redeneer is 地 immanente vorm van kritiek meer effektief as 地 transendente vorm van kritiek (vgl Vorster, 2003:111). Binne 地 sekularistiese en pluralistiese samelewing waar baie mense vervreem is van die Christelike tradisie sal religieuse taal dikwels 地 ontoereikende uitwerking h. Dit is daarom nodig dat die kerk soms Christelike beginsels in nie-religieuse taal moet oorvertaal. 地 Moontlike aanknopingspunt vir gesprek met owerheid en samelewing kan die grondwaardes van die Grondwet wees, naamlik menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Kerke sal op die gebreke van die Westerse-liberale siening van menswaardigheid, gelykheid en vryheid moet wys en 地 Christelike inhoud aan hierdie waardes moet gee sonder om dogmatiese kerklike taal te gebruik. Teenoor die sterk individualistiese inkleding wat die Westerse verstaan aan hierdie waardes gee, kan die Christelike verstaan van hierdie waardes 地 groter klem op roeping, plig en verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap plaas wat noodsaaklik is vir die heropbou en ontwikkeling van Suid-Afrika (vgl Vorster, 2002:227-346).

Ontmitologiserende getuienis


Politiek bevat in sy wese 地 sterk ideologiese komponent. Met ideologie word bedoel dat politieke groepe dikwels 地 karikatuur van politieke opponente maak en daardie karikature beveg in retoriese taal wat polariseer. Terselfdertyd word mites aangaande die self geformuleer en gepropageer deurdat politieke groepe hulle eie belange voorhou as moreel regverdigbaar en in die belang van die bre gemeenskap en partybeleid as 地 verlossingsboodskap vir almal (vgl ook De Villiers, 1999:78). Hierdie ideologiese komponent van politiek kom gewoonlik sterk na vore in totalit靡e state, maar kan ook in 地 mindere of 地 meerdere mate in selfs die mees ontwikkelde demokratiese state voorkom.

Politieke ideologie is gevaarlik omdat dit dikwels groepe mense polariseer deur die opponent te demoniseer. In hierdie verband kan die kerk help om die politieke arena te ontmitologiseer deur die profetiese diskoers se vorm van aanklag en veroordeling te gebruik. Die kerk staan immers in diens van die waarheid en liefde. Leuenagtige retoriek, polariserende taal en verdemonisering van opponente moet beveg word deurdat kerke krities met sulke groepe in gesprek tree of amptelike verklarings in die verband uitreik. Natuurlik sal die kerk slegs in uiterste situasies waar versoening en verdraagsaamheid in gedrang kom moet optree. Kerke sal in hierdie verband ook krities na hulle eie ideologiese voorveronderstellings moet kyk.

Ekumeniese en evangeliese getuienis

Uit die aard van die saak word die verkondigingstaak van die kerk nie alleen deur amptelike organe vervul nie. In eredienste, gemeentelike byeenkomste, in fakulteite, in die betrokkenheid van lidmate by die samelewing geskied hierdie verkondiging (vgl Smit & De Villiers, 1995:46). Eenstemmige amptelike getuienis bly egter 地 ideaal waarna gestreef moet word, nie omdat dit noodwendig meer evangeliese gesag dra as die getuienis van gemeentes, individue of kleiner groepe nie, maar omdat dit die bedingingsmag van die kerk in die openbare lewe versterk (vgl Smit & De Villiers, 1995:47). Dit is daarom noodsaaklik dat kerke onderling moet streef na eenstemmige ekumeniese getuienis. Verdeelde getuienis is swak getuienis en gee aan owerhede die geleentheid om verskillende kerklike standpunte teenoor mekaar af te speel. 地 Verdere waarde van 地 ekumeniese benadering is dat dit die kwaliteit van kerklike getuienis kan verhoog omdat 地 verskeidenheid van mense en perspektiewe betrek word. Daarbenewens kan 地 ekumeniese benadering keer dat kerklike uitsprake oor openbare aangeleenthede ideologies gekleur word.

Terselfdertyd moet die getuienis van die kerk evangeliese gesag bevat. Dit beteken dat die beginsels, norme en waardes wat verkondig word in ooreenstemming moet wees met die evangelie. Wanneer die kerk beginsels vreemd aan die Skrif begin verkondig word die eiesoortige, unieke aard van die kerk in gevaar gestel. Ervaring uit die kerkgeskiedenis leer dat dit dikwels moeilik is om ekumenies op 地 evangeliese wyse te getuig omdat kerke se verstaan van die aard van die gesag van die Skrif verskil. Desnieteenstaande is daar baie sake van openbare belang waaroor die grootste meerderheid van kerke saamstem. Kerke sal dalk minder op verskille en meer op ooreenkomste moet fokus.

Transkulturele getuienis

Nie net die Suid-Afrikaanse samelewing nie, maar ook die kerk is 地 pluralistiese verskynsel. In die apostolicum, die mees ekumeniese belydenis, word juis die algemeenheid van die kerk bely. Daarmee word erken dat die kerk nie beperk is tot bepaalde groepe en tale nie, maar dat dit die grense van volk, taal en nasie oorsteek. Binne die Suid-Afrikaanse konteks is gesamentlike transkulturele profetiese getuienis van deurslaggewende belang om twee redes. In die eerste plek kan dit kerke in staat stel om 地 meer gebalanseerde perspektief op ons samelewing te ontwikkel, en om gebalanseerde getuienis teenoor die owerheid te lewer sonder om die belange van bepaalde bevolkingsgroepe voorop te stel ten koste van ander. Tydens die gesprek van die Afrikaanse kerke met die ANC op 7 Oktober 2003 was dit opvallend dat die probleme waaroor gepraat is hoofsaaklik wit problematiek was. Tweedens sal transkulturele getuienis meer gesag dra en as meer geloofwaardig in regeringskringe ontvang word. Dit is geen geheim dat Afrikaanse kerke se ondersteuning van Apartheid in sommige gevalle en stilswye in ander gevalle, die geloofwaardigheid van hierdie kerke ernstig aangetas het nie. Transkulturele getuienis saam met swart kerke kan groter geloofwaardigheid aan die getuienis van veral Afrikaanse kerke gee. Terselfdertyd is dit belangrik dat alle kerke hulle eie huis met betrekking tot rasse-aangeleenthede moet skoonmaak.

Lokale en nasionale getuienis

Min nie-regeringsorganisasies het dieselfde vermo as die kerk om tot feitlik elke plaaslike gemeenskap uit te reik (vgl Cochrane, 1997:4). Plaaslike regering in Suid-Afrika word dikwels, veral in landelike gebiede, gekenmerk deur 地 gebrek aan kundigheid, logistieke vermons, kommunikasievaardighede, werksetiek, ens. Dit is belangrik dat kerke met plaaslike owerhede moet kommunikeer en positiewe morele leiding aan plaaslike amptenare moet gee deur byvoorbeeld soms afgevaardigdes na gemeenskapsforums te stuur en gemeenskapsleiers te ontvang. Plaaslike kerke kan op so 地 wyse baie bydra tot versoening in Suid-Afrika. Tydens die gesprek wat afvaardigings vanuit die Afrikaanse kerke met lede van die uitvoerende komitee van die ANC op 7 Oktober 2003 gehad het, het die ANC die noodsaaklikheid van kerklike betrokkenheid by plaaslike regeringsaangeleenthede beklemtoon.

Bestaande kerklike strukture vir betrokkenheid in openbare meningsvorming


Die meeste kerke het Deputate, kommissies of skakelpersone vir owerheidsake. Dit is egter oor reeds genoemde redes 地 ope vraag of sulke tradisionele kerklike strukture werklik 地 invloed op openbare meningsvorming kan uitoefen. Tans is daar enkele kerklike liggame in Suid-Afrika wat op meer konstruktiewe wyses openbare beleidsvorming probeer benvloed, naamlik die parlement靡e lessenaar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (voortaan die NG kerk), die Konvent van Reformatoriese Kerke in Suider-Afrika, die National Religious Forum, die parlement靡e kantoor van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, en die Rooms-Katolieke Biskopperaad se parlement靡e kantoor.

Die parlement靡e lessenaar van die NG kerk is verantwoordelik aan die Algemene Sinodale Kommissie en die Moderamen van die Wes-Kaapse Sinode as opdraggewende instansies en rapporteer aan hulle op 地 gereelde basis. Dit geskied in samewerking met die Direkteur vir Inligting van die Algemene Sinode (Du Toit, 2003:1). Die lessenaar kommunikeer met die skribas van die verskillende Sinodes oor alle relevante sake voortvloeiend uit die wetgewende proses en hanteer ook alle navrae uit verskeie oorde oor wetgewing (Du Toit, 2003:1). Die missie van die parlement靡e lessenaar is om saam met ander Christelike rolspelers toepaslike bydraes te lewer in die formulering van wetgewing, sodat die wetgewende proses voortdurend onderwerp kan word aan die lig van God se Woord (Du Toit, 2003:2).

Die lessenaar se doelwitte lui soos volg


Die beskerming van godsdiensvryheid, die reg van die individu en die vryheid van spraak;

Die beskerming van die regte van minderbevoorregtes;

Die beskerming van kinders, die bevordering van 地 gesonde familielewe en die daarstelling van 地 gemeenskaplike morele waardesisteem vir die versekering van 地 regverdige en opbouende samelewing in Suid-Afrika en die beskerming van basiese regte soos gesondheid en onderwys;

Die beywering vir die vrede en sekuriteit van alle mense;

Die versekering van 地 veilige konteks vir die voortbestaan van die kerk in Suid-Afrika;

Die lessenaar probeer met ander kerklike groepe soos die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en die Katolieke Biskopperaad saamwerk, terwyl daar saam met die Gereformeerde Kerke en die Nederduitse Gereformeerde Kerk 地 adviesgroep van parlementarirs saamgeroep is om mekaar wedersyds te adviseer ten opsigte van wetgewing wat geprosesseer word. Verantwoordelike persone is vir hierdie doel deur die genoemde kerke aangewys.

Die Konvent van die Reformatoriese Kerke in Suider Afrika is 地 byeenkoms waarin kerke gemeenskaplike sake op grond van die reformatoriese belydenis behartig ooreenkomstig elke kerk se eie aard, etos en geskiedenis. Die Konvent se oogmerk is om gemeenskaplike getuienisse op grond van die Skrif en die reformatoriese belydenis te lewer in die Suid-Afrikaanse en moontlik Suider-Afrikaanse samelewings, veral ten opsigte van die betrokke owerhede. Die doel van die Konvent is nie om in die beleidmakende prosesse van die land betrokke te raak nie, maar wel om by wyse van verklarings te getuig op 地 gereformeerde ekumeniese grondslag (Konvent van Reformatoriese Kerke, 1998:1-2).

Die parlement靡e kantore van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en die Rooms-Katolieke Biskopperaad fokus meer spesifiek op die kerklike monitering van wetgewing. Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het twee voltydse poste, en die Rooms-Katolieke Biskopperaad drie poste (waaronder een regsgeleerde) wat voltydse monitering van wetgewing doen. Die parlement靡e kantoor van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke fokus op die monitering van wetgewing en staatsbeleid, lewer inspraak by sake wat kerke raak, gee inligting deur aan kerklike organisasies oor huidige beleidsdebatte, bied werkswinkels aan, en gee pastorale hulp aan parlementslede. Monitering van wetgewing word gedoen deur personeel wat parlement靡e komiteevergaderings, werkswinkels en strategiese beplanningsvergaderings met burgerlike organisasies bywoon en staatsrapporte en dokumente analiseer. Inspraak word gelewer deur voorleggings aan die Parlement en staatsdepartemente te maak. Die kantoor fasiliteer verdere inspraak van kerklike liggame deur gereelde Rapporte oor die status van nasionale wetgewing en staatsregulasies te lewer (SACC, 2003:1).

Die National Religious Leaders Forum is 地 inter-godsdienstige liggaam wat tot stand gebring is op aandrang van die voormalige staatspresident Dr Nelson Mandela. Dit bestaan uit verskeie kerke, denominasies en gelowe. Hierdie liggaam ontmoet die president twee keer 地 jaar waartydens gemeenskaplike sake van religieuse belang met die president bespreek word. Die liggaam is tot stand gebring op aandrang van die regering, omdat die regering verskillende kerklike standpunte verwarrend vind en graag wil h dat die godsdienstige gemeenskap uit een stem moet praat.

地 Moontlike praktiese model vir gereformeerde getuienis


Vroer in die artikel is reeds daarop gewys dat daar verskillende vorme van kerklike getuienis, asook verskillende moontlikhede vir kerklike getuienis bestaan met betrekking tot die openbare lewe. Binne die nuwe staatkundige bedeling wat die burgerlike gemeenskap betrek in beleidmakende en wetgewende prosesse sal die mees effektiewe vorm van getuienis in deelname aan beleidmakende prosesse l. Amptelike verklarings van sinodes en kerklike liggame, dikwels nadat wetgewing goedgekeur is, het binne die nuwe staatkundige konteks weinig invloed op die formulering van openbare beleid. Openbare beleid word immers gevorm by wyse van dialoog tussen sosiale en politieke groepe.

Die verskillende stappe in die proses van wetskrywing word soos volg deur Du Toit uiteengesit (2003:3-4)(2):

Wette word verwys vir amendering of herskrywing, of kennis van nuwe wetgewing word gegee deur die kabinet, die parlement靡e regskommissie of regeringsdepartemente.

Die proses van wetskrywing volg die orde van 地 departementele groenskrif waarin 地 algemene aanduiding gegee word van die sake wat van toepassing is. Die verskillende alternatiewe word ter oorweging op die tafel gesit en diskussie word uitgenooi. Hierna volg 地 witskrif waarin duideliker beleidsrigtings aangedui word vir bespreking en waarin reeds konsepvoorstelle vir wetgewing vervat is. Deurgaans word werkswinkels oor die betrokke aangeleenthede deur deskundiges buite die parlement gehou.

Hierna word die konsepwetgewing ter tafel gel en in die Parlement gedebatteer. 地 Portefeuljekomitee word dan aangewys, bestaande uit lede van die Parlement wat deur die onderskeie politieke partye aangewys word onder voorsitterskap van die minister onder wie die saak ressorteer.

Die Portefeuljekomitee nooi alle belanghebbendes uit die samelewing uit om voorleggings te doen oor die saak vanuit hulle perspektief. Skriftelike voorleggings aan die sekretariaat van die komitee word opgevolg deur 地 uitnodiging aan die betrokke belangegroepe om op 地 gegewe datum hulle voorleggings aan die komitee te maak.

Tydens die voorleggings aan die komitee kan komiteelede vrae ter verduideliking van hulle standpunt aan die indieners stel.

Die Portefeuljekomitee oorweeg dan die voorleggings in komitee met die oog op formulering van wetgewing vir voorlegging aan die Parlement. Wanneer die komitee agterkom dat daar groot ontevredenheid onder die hoofrolspelers en meningsvormers oor die onderhawige saak is, kan die komitee verdere voorleggings aanvra.

Die wetgewing word dan in die Parlement voorgel vir 地 tweede debat waarna tot stemming oorgegaan word.

Indien die uitslag van die stemming positief vir die nuwe wetgewing is, word dit bekragtig wanneer die president van die land dit onderteken.

Alle wetgewing word aan die grondwet gemeet en indien 地 party of belangegroep steeds ontevrede is, en meen dat die wetgewing strydig is met bepaalde regte wat in die Grondwet verskans word, kan app鑞 aangeteken word na die Grondwetlike Hof.

Dit moet verder in gedagte gehou word dat alle wette na 1994, met die aanvaarding van die nuwe Grondwet, in beginsel amendeerbaar is. Nadat wetgewing goedgekeur is gaan die proses voort om wette sodanig te verbeter dat dit groter ooreenstemming met die vereistes van die Grondwet toon en prakties meer uitvoerbaar is.

In die lig daarvan dat die burgerlike gemeenskap in ooreenstemming met die beginsel van deelnemende demokrasie by wetgewende en beleidmakende prosesse betrek word, is dit die voorstel van hierdie artikel dat 地 Gereformeerde ekumeniese moniteringsliggaam van wetgewing tot stand gebring moet word om betrokke te raak by openbare beleidsvorming.

Waarom Gereformeerd?


Die vraag kan inderdaad gevra word: Waarom juis Gereformeerd? Du Toit (2003:4) wys tereg daarop dat die grootte van die belangegroepe wat voorleggings aan die portefeuljekomitee maak 地 rol speel in die gewig wat hulle standpunt dra. Dit maak samewerking tussen verskillende geloofsgroepe noodsaaklik. Die totstandkoming van 地 Gereformeerde moniteringsliggaam sluit nie die moontlikheid van ekumeniese samewerking met ander geloofsgroepe uit nie. Een van die doelwitte van 地 Gereformeerde moniteringsliggaam behoort juis te wees om samewerking met ander belangegroepe en kerklike groepe (spesifiek die bestaande kantore van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en die Rooms-Katolieke kerk) na te streef. Alhoewel ekumeniese samewerking altyd die ideaal behoort te wees, is realisme ook noodsaaklik. Enersyds is daar aangeleenthede wat soms vir gereformeerdes belangrik sal wees, maar nie noodwendig vir ander godsdienstige groepe nie. Andersyds verskil die Gereformeerde etiek en lewens- en w靡eldbeskouing in verskeie opsigte van die ekumeniese beweging en die Rooms-Katolieke Kerk se lewens- en w靡eldbeskouing. Spesifieke gereformeerde getuienis kan soms wenslik en vanuit 地 openbare oogpunt selfs verrykend wees.

Samestelling


Kerke vanuit die volle reformatoriese spektrum behoort by die moniteringsliggaam betrokke te wees. Veral die insette van swart kerke sal baie belangrik wees. Hoe groter en meer pluralisties die gemeenskap wat verteenwoordig word, hoe sterker sal die seggenskap van die liggaam wees in die wetskrywende proses. Die Konvent van Reformatoriese Kerke kan hierin 地 goeie aanknopingspunt wees. Vyftien kerkgemeenskappe van reformatoriese inslag is tans by die Konvent betrokke.

Die moniteringsliggaam kan uit twee bene bestaan naamlik


地 Adviesgroep vir parlement靡e sake wat saamgestel is uit verteenwoordigers van al die verskillende kerke (die huidige adviesgroep in 地 uitgebreide hoedanigheid).

地 Uitvoerende komitee wat bestaan uit voltydse personeel van 2 of 3 lede (verkieslik met een regsgeleerde).

Die taak van die uitvoerende komitee kan wees om so vroeg as moontlik relevante wetgewing wat geprosesseer word te identifiseer, om die adviesgroep byeen te roep en te raadpleeg, om in opdrag van die adviesgroep samewerking met ander kerkgroepe of sosiale groepe te soek en om namens die verskillende Gereformeerde kerke voorleggings aan die Portefeuljekomitee van die parlement te maak. Die uitvoerende komitee kan verder as 地 fasiliteerder optree deur kerke in te lig oor nuwe wetgewing of wetgewing wat geamendeer word, deur werkswinkels aan te bied en deur navrae uit verskillende oorde te hanteer.

Die taak van die adviesgroep sal wees om relevante wetgewing in die lig van die Skrif en die Gereformeerde etiek te beoordeel en opdragte aan die uitvoerende komitee deur te gee.

Kerkregtelike werkswyse

Die Gereformeerde kerkregtelike beginsel dat geen kerk oor 地 ander heerskappy moet voer nie behoort as 地 belangrike beginsel vir 地 Gereformeerde ekumeniese moniteringsliggaam te dien (KO, art 84 van die GKSA). Standpunte van deelnemende kerke moet nie op ander afgedwing word nie. Besluite wat die adviesgroep neem behoort konsensusbesluite te wees. Die uitvoerende komitee behoort geen selfstandige handelingsbevoegdheid te besit nie, maar kan alleen optree namens lidkerke wat 地 spesifieke welomskrewe opdrag aan die komitee deurgee (vgl KO, art 48 van die GKSA). In praktyk sal dit beteken dat die uitvoerende komitee nie namens die ekumeniese liggaam as sodanig nie, maar wel namens die verskillende lidkerke optree wat 地 bepaalde voorlegging steun.

Die lede van die adviesgroep behoort te bestaan uit afgevaardigdes/deputate vanuit die verskillende kerke wat van hulle kerke die mandaat ontvang om wetgewing in die lig van die Skrif en die Gereformeerde etiek te moniteer (vgl KO, art 48 van die GKSA).

Praktiese haalbaarheid


Die aanstelling van twee of drie voltydse personeellede om as uitvoerende komitee te dien, die moontlike huur van 地 kantoor naby die Parlement, en die hou van vergaderings (moontlik telefoon- of internetvergaderings) sal ongeveer tussen R800 000 en R1 miljoen per jaar kos. Op die oog af lyk dit onbekostigbaar. Indien 15 verskillende kerkgemeenskappe egter hulleself bereid verklaar om R1 pj per belydende lidmaat by te dra by wyse van ramings of kollektes, is die doelwit maklik bereikbaar.

Konklusie


Die kerk het in sy profetiese getuienis die koninkryk van God as rigpunt. Die grondliggende gedagte van die koninkryk is dat Christus Koning is oor die kerk en die ganse skepping (vgl Du Plooy, 2003:492). Niks val buite die domein van Christus se regering nie. Daarom is dit belangrik dat reformatoriese kerke in Suid-Afrika op 地 sigbare wyse saam met gelowiges in hulle eie invloedsfere poog om ook die proses van openbare beleidsvorming aan die lig van die Skrif te onderwerp. Die nuwe staatkundige bedeling gee aan kerke 地 unieke geleentheid om hulle roeping teenoor die koninkryk van God na te kom. Deur 地 gereformeerde ekumeniese liggaam wat wetgewing monitor kan kerke vanuit die reformatoriese tradisie in dialoog met ander sosiale groepe 地 verskil in die beleidmakende prosesse van die land maak. Die sukses van die evangeliese kerke in die Verenigde State van Amerika in die monitering van wetgewing is 地 treffende voorbeeld van die invloed wat so 地 liggaam kan uitoefen.

Bronnelys

ACKERMANN, L.W.H. 2002. Some reflections on the Constitutional Court痴 freedom of religion jurisprudence. NGT, 43(1 en 2):177-184, Maart en Junie.

BASSON, D. 1995. South-Africa's Interim constitution: text and notes. Rev ed. Kenwyn : Juta.

COETZEE, G. 1995. Human rights: the start of a new culture. RSA Review, 8(2):30-40, Jan/Feb.

COCHRANE, J.R. 1997. Theological reflection on public policy. The church and the reconstruction of South African society. Journal of Theology for Southern Africa 97:1-15.

DE VILLIERS, D.E. 1999. Challenges to Christian ethics in the present South African society. Scriptura 69:75-91.

DUBOW, S. 1989. Racial segregation and the origins of Apartheid in South-Africa, 1919-1936. London : MacMillan.

DU PLESSIS, L.M. 1994. The protection of religious rights in South Africa痴 transitional constitution. Koers 59(2):151-168.

DU PLOOY, A. le R. 2003. Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika 1859-2002: die vervulling van 地 roeping in die belang van die koninkryk van God? In die Skriflig, 485-505, September.

DU TOIT, B. 2003. Voorlegging aan die taakspan vir herstrukturering van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. Ongepubliseer (In besit van outeur).

EYBERS, G.W. 1918. Select constitutional documents illustrating South African history 1795-1910. London : George Routledge.

GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA. 1964. Handelinge van die vyf en dertigste sinodale vergadering van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Potchefstroom : Potch Herald.

GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA. 1976. Handelinge van die nege en dertigste sinode van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Potchefstroom : Potch Herald.

GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA. 1979. Handelinge van die veertigste sinode te Potchefstroom. Potchefstroom : Potch Herald.

GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1988. Handelinge van die drie en veertigste Nasionale Sinode. Potchefstroom : Potch Herald.

GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1991. Handelinge van die vier en veertigste Nasionale Sinode te Potchefstroom. Potchefstroom : Potch Herald.

GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1994. Handelinge van die vyf en veertigste Nasionale Sinode te Potchefstroom. Potchefstroom : Potch Herald.

GEREFORMEERDE KERKE. 1998. Kerkorde van die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika soos gewysig deur die verskillende sinodes. Potchefstroom : Administratiewe Buro.

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. 2003. Agenda van die agt-en veertigste nasionale sinode te Potchefstroom. Potchefstroom : Administratiewe Buro.

GILDENHUYS, J.L. 2002. An assesment of constitutional quarantees of religious rights and freedoms in South Africa. Stellenbosch : Universiteit van Stellenbosch (Proefskrif-LL.D.)

GKSA kyk Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika


GRONDWET kyk Suid-Afrika

GUSTAFSON, J.M. 1988. An analysis of church and society social ethic writings. Ecumenical Review, 40(2):267-278. April

HENRARD, K. 2001. The accomodation of religious diversity in South Africa against the background of the centrality of the equality principle in the new constitutional dispensation. Journal of African Law, 45(1);51-72.

KONVENT VAN REFORMATORIESE KERKE IN SUIDER-AFRIKA. 1998. Grondslag en funksionering van die konvent van reformatoriese kerke in Suider-Afrika. Ongepubliseerd.

KUITERT, H.M. 1985. Everything is politics but politics is not everything. A theological perspective on faith and politics. Ten Have : Baarn.

LE ROUX, F. 1994. Die beginsels van 地 regstaat. RSA review/oorsig, 7(2): 56-61, Maart.

NATHAN, L. 1997. The bill of rights: it protects our human rights and prevents the abuse of power by the state. Salut, 4(10), Oktober.

PIETERSE, M. 2000. Constitutional protection of religious rights.CILSA:XXXIII:300-317.

RES (Reformed Ecumenical Synod). 1983. Testimony on human rights. Grand Rapids, Mich.: RES

SACC (South African Council of Churches). 2003. About the SACC parliamentary office. htpp//www.sacc-ct.org.za. [datum van gebruik: 11/14/2003].

SUID-AFRIKA. 1957. Wysigingswet op Swart Wetgewing, no 36 van 1957. Pretoria : Staatsdrukker.

SUID-AFRIKA. 1967. Wet op Nasionale Onderwysbeleid, no. 39 van 1967. Pretoria : Staatsdrukker.

SUID-AFRIKA. 1974. Wet op Publikasies, no. 42 van 1974. Pretoria : Staatsdrukker.

SUID-AFRIKA. 1977. Wet op die verbod op die vertoon van rolprente op Sondae en publieke vakansiedae, no. 16 van 1977. Pretoria : Staatsdrukker.

SUID-AFRIKA. 1979. Wet op onderwys en opleiding, no. 90 van 1979. Pretoria : Staatsdrukker.

SUID-AFRIKA. 1996. Constitution of the Republic of South-Africa as adopted by the Constitional Assembly on 8 May 1996 and as amended on 11 October 1996. (B34B-96.) (ISBN: 0-260-20716-7.)

SUID-AFRIKA. 1996. Wet op Keuse oor die beindiging van Swangerskap, no. 92 van 1996. Pretoria : Staatsdrukker.

SMIT, D & DE VILLIERS, D.E. 1995. Met watter gesag s u hierdie dinge? Opmerkings oor kerklike dokumente oor die openbare lewe.Skrif en Kerk, 16(1):39-57.

SMIT, D. 1996a. Oor die kerk as unieke samelewingsverband. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 119-129, Junie.

SMIT, D. 1996b. Oor die unieke openbare rol van die kerk. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 190-204, Mei.

THOMPSON, L. 1990. A history of South Africa. London & New Haven : Yale.

TRUTH AND RECONCILIATION COMMISION OF SOUTH-AFRICA. 1998. Report 1-5. Kaapstad : TRC/Juta (afgekort as TRC).

VAN DER VYVER, J.D. 1998. Constitutional perspective of church-state relations in South-Africa. (Referaat gelewer te Salt Lake City by konferensie oor kerk-staat verhoudinge van 4-6 Oktober 1998). Ongepubliseer. (In besit van outeur).

VAN WYK, J.H. 1991. Moraliteit en verantwoordelikheid: opstelle oor politieke etiek. Potchefstroom : PU vir CHO.

VENTER, F. 1995. Die ontstaan van staatkundige stelsels toegepas op die kontempor靡e Suid-Afrikaanse staat. Tydskrif vir geesteswetenskappe, 35(1):128-139, Maart.

VENTER, F. 1997. Aspects of the South-African Constitution of 1996: an African democratic and social federal Rechtstaat. Heidelberg journal of international law/ Zeitschrift fr auslandisches Recht ffentliches Recht und Vlkerrecht, 57(1):52-82.

VENTER, F. 1998. The protection of cultural, linguistic and religious rights: the framework provided by the Constitution of the Republic of South Africa, 1996. SAPR/PL , 13:438-459.

VORSTER, N. 2002. Kerk en menseregte binne 地 regstaat. Die profetiese roeping van die kerk ten opsigte van die vestiging van 地 etos van menseregte in Suid-Afrika. Potchefstroom : PU vir CHO (Proefskrif -Th.D.)

VORSTER, N. 2003. Pastoraal sensitiewe benadering van homoseksualiteit. Resensie. Koers 68(1):109-115.

WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE kyk Truth and Reconciliation Commission

WARC (World alliance of Reformed Churches). 1976. Theological basis of human rights. Geneva : WARC.

WIHER, H. 2002. Understanding shame and guilt as a key to cross-cultural Christian ministry an elenctical study. Potchefstroom : PU vir CHO (Proefskrif -Th.D.)

WITTE, J. 1993. The South African experiment in religious human rights. What can be learned from the American experience. Journal for Juridical Science, 1:1-30.

Hofsake

State v Lawrence 1997(1)BCLR 1348 (CC).

Christian Education South Africa v Minister of Education 2000(1) BCLR 1051(CC)

1. In hierdie artikel word die term kerk in sy amptelike institusionele betekenis gebruik.

2. Aangesien die dokument opgestel deur Dr Ben Du Toit nie gepubliseer is nie, word die proses wat hy beskrywe breedvoerig uiteengesit.

 
terug na bo
 
 

Tuisblad | Wie is ons? | Plaaslike Kerke | Gemeentes | Kommunikasie | Publikasies | Sinodes | Argief |Kontak Ons

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com

We recommend that you view this website with: MS IE 7+ of Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0