GKSA Standpunte: Grondhervorming in die RSA

Grondhervorming in die RSA


Voorlegging aan die portefeuljekomitee van die Parlement
Standpunt van die GKSA se Deputate vir skakeling met die Owerheid.

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika is van oortuiging dat die kerk van die Here Jesus Christus n roeping het ten opsigte van grondhervorming in Suid-Afrika. Voorts dat die kerke n profetiese stem moet laat hoor en saam met hoofrol-spelers betrokke behoort te wees. Die Kerk het n roeping om waar moontlik n versoenende/ bemiddelende rol te speel in grondkwessies, en om pastorale hulp te verleen aan diegene wat direk daardeur geraak word.

Motivering


Waarom praat die kerk oor grondhervorming? Omdat die Bybel daaroor praat.Die aarde en alles wat daarop is, die wreld en di wat daar woon, alles behoort aan die Here. (Ps 24:1). In die Bybel lees ons van grondbesit, grondverkoop, grondverhuring, grondverdeling, grondruil, grondgryp, verblyfreg, ens. Oor sake soos di wat die bestaan van mense, insluitend lidmate, s raak, kan en mag die kerk nie maar skouer ophaal en anderpad kyk nie. Die kerk moet eerder vroer as later betrokke raak. Die kerk is immers betrokke by mense in hulle daaglikse lewensomstandighede. Die kerk is die draer van die boodskap van versoening; ook van liefde en geregtigheid. En, die kerk is self ook grondeienaar, al is dit op relatief klein skaal. Volgens 1996-gegewens besit die kerke in die RSA 184 000 hektaar grond.

Grond as sodanig kan nie hervorm nie die mens wat oor grond beheer moet uitoefen, kan/moet hervorm ook tov grond. Dit gaan in grondhervorming oor mr as grond en grondbesit. Dit gaan oor n saak wat die lewe van mense en die toekoms van die land intens raak. Dit gaan nie net om die boerderygemeenskap nie. Ook die stede het alles daarmee te make. As die landbou ineenstort, het dit gevolge vir die totale samelewing. Restitusie van grond het ook te doen met stedelike grond. Grondhervorming is n saak met n ho konflik-potensiaal. Ook daarom behoort die kerk as versoenende gemeenskap betrokke te wees.
Die kerk kan in gesprek met ander rolspelers tree oor wat die kerk kan bydra tot ordelike en verantwoordelike grondhervorming. Die kerk sou byvoorbeeld n bydrae kon lewer op die vlak van verhoudinge en gesindhede. Die kerk kan in bepaalde situasies n bemiddelende en versoenende rol speel. Dalk is daar kante aan die kerk se verantwoordelikheid wat ons nog nie goed deurdink het nie.

Riglyne vir grondhervorming


Grondhervorming moet positief bestuur word as n noodsaaklike en integrale deel van die nasionale versoeningsproses.

As daar onreg in die verlede was en teen sekere gemeenskappe in die samelewing gediskrimineer is, moet dit op n manier reggestel word. Die regering behoort beskikbare grond as deel van gentegreerde landbou-ontwikkelingsprogram beskikbaar te stel.

Grondhervorming moet met sensitiwiteit, omsigtigheid en nugterheid hanteer word.

Grondbesit en verlies is n baie emosionele aangeleentheid. Die herverdeling van grond moet daarom op n uiters verantwoordelike wyse deurgevoer word. Die regering moet ondersteun word om die grondhervormingsplan met nugterheid en realisme te bestuur. Om soveel grond as moontlik sonder meer aan so veel as moontlik mense uit te deel, soos soms gevra word, sal meer probleme skep as oplos. Dit is n wanopvatting dat grondverdeling as sodanig groot rykdom sal meebring, of selfs armoede beduidend sal bekamp. Wreldwyd oorleef net die mees bedrewe en toegewyde boere.

Grondhervorming moet op n gesonde landbou-ekonomiese grondslag berus.

Grondhervorming kan net sinvol aangepak word as dit gepaard gaan met die instandhouding van n sterk kommersile landbousektor. Dit is verblydend dat die regering tans duidelik onderskei tussen die aanwending van grond vir behuising van haweloses, en die vestiging van n opkomende boerderygemeenskap uit die geledere van die voorheen onbemagtigdes en ongemagtigdes. Dis ook verblydend dat die georganiseerde landbou doelgerigte pogings aanwend en ook reeds verskeie projekte loods om opkomende boere uit genoemde geledere by te staan. Boerdery is n gespesialiseerde beroep en n harde sake-onderneming. Dit vereis onder meer tegniese kennis en vaardigheid, wetenskaplike boerderymetodes, effektiewe bestuur, infrastruktuur en bedryfskapitaal.

Grondhervorming moenie n politieke speelbal van gemaak word nie.

Indien dit sou gebeur dat van grondhervorming n politieke speelbal gemaak word (soos in Zimbabwe), sal dit chaos en katastrofiese gevolge h. Voortdurende verwysing na Zimbabwe moenie n destruktiewe rol op die normale verloop van die proses h nie.

Grondhervorming moet n gesonde juridies basis h.

Dit gaan in grondhervorming nie om n agteroorbuig gedienstigheid in die naam van die liefde sonder eerbiediging en handhawing van reg en geregtigheid op erkende regsbeginsels nie. Deurgaans moet gewaak word teen korrupsie en neopotisme. Eiendomsreg is prinsipieel te verantwoord. Geen boer het sy grond gesteel nie.

Grondhervorming moet deeluitmaak van n omvattende ontwikkelings-program.

Die landbousektor kan nie uitgesonder word as die enigste rolspeler in die stryd teen armoede nie. Om duisende lappies landbougrond lukraak aan armes uit te deel, is nie die antwoord nie. n Omvattende landelike ontwikkelingsprogram is nodig waarin ander rolspelers soos regeringsdepartemente, nie-owerheid organisasies, die privaatsektor, boereverenigings en finansieringsinstansies in n goedbeplande vennootskaplike benadering saamgesnoer word. Daar bestaan n dringende behoefte aan effektiewe opleidingskursusse en ontwikkelingsprogramme met die oog op die identifisering en toerusting van nuwe boere uit die geledere van die voorheen onbemagtigdes en ongemagtigdes.

Grondhervorming moet met ekologiese oorwegings rekening hou.

Ekologiese krisisse moet voorkom word deur faktore soos oorbevolking, oorbeweiding, gronderosie, ontbossing en omgewingsbesoedeling.

Vergoeding moet billik en so ver moontlik markverwant wees.

Die beleid is tans dat n grondeienaar teen markverwante waarde vergoed word indien die eiendom vir restitusiedoeleindes benut word.

Die grondhervormingsproses, veral restitusie-eise, moet so gou moontlik afgehandel word.

Die regering kon tot dusver nie daarin slaag om sy grondhervormingsbeleid, waaroor daar grotendeels konsensus bestaan, op groot skaal in werkbare praktiese projekte te omskep nie. n Uitgerekte proses in die geval van restitusie-eise bring frustrasie vir die eiser en onsekerheid by die eienaar. Daarby is finansile instellings huiwerig om finansiering te voorsien vir grond waarteen eise ingestel is.

 
terug na bo
 
 

Tuisblad | Wie is ons? | Plaaslike Kerke | Gemeentes | Kommunikasie | Publikasies | Sinodes | Argief |Kontak Ons

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com

We recommend that you view this website with: MS IE 7+ of Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0