DOODSTRAF Ė amptelike standpunt
RAPPORT (Acta 1994:608-617)
1. Opdrag

Die Deputate vir Korrespondensie met die HoŽ Owerheid het soos volg aan die Nasionale Sinode 1991 gerapporteer (Acta 1991:621, 3.10): "Amnestie International het verskeie briewe oor afskaffing van die doodstraf vir ondersteuning deur die kerke gestuur. Die Deputate kon geen vorige Sinodebesluite oor die saak opspoor nie en kon dus nie die briewe beantwoord nie. Om meer duidelikheid van StaatsweŽ te kry het die Deputate met parlementslede oor die saak gepraat. Dit is nodig dat die Sinode oor die saak 'n beginselstandpunt sal formuleer."1.2 Hierop het die Sinode 1991 besluit (Acta 1991:625, 4.12): "Die Sinode neem kennis van die korrespondensie en optrede van die Deputate en verwys die saak van doodstraf na Studiedeputate".

Besluit: Kennis geneem.

2. Sake waaroor die Sinode kennis moet neem

Die volgende sake is deur die Deputate in studie geneem en word ter kennisname aan die Sinode voorgelÍ:
ē Gegewens uit die Ou Testament
ē Gegewens uit die Nuwe Testament
ē Gegewens uit die Belydenisskrifte
ē Enkele argumente vir en teen die doodstraf.

2.1 Gegewens uit die Ou Testament

2.1.1 Die instelling van die doodstraf (Gen 9:6)

Die mees basiese uitspraak in die Ou Testament oor doodstraf is die in Genesis 9:6 "Wie die bloed van 'n mens vergiet, deur 'n mens sal sy bloed vergiet word. God het die mens as sy beeld gemaak". Dit kan beskou word as die diepste begronding van die doodstraf sover dit die Bybel aangaan.

Die rede vir die toepassing van die doodstraf is geleŽ in die feit dat die mens na die beeld van God geskape is. Hierdie motivering wat deur God self gegee (geopenbaar) is, word nÍrens elders in die wÍreld gevind nie. Die beeld van God bestaan daarin dat God die mens aangestel het om oor die skepping te heers, dit te bewerk en op te pas (Gen. 1:28, 2:15), asook daarin dat bepaalde deugde van God op 'n beperkte wyse deur die mens weerspieŽl behoort te word. Die menswaardigheid van die mens is geleŽ in die feit dat hy die beeld van God is, en omdat hy dit van God ontvang het, mag dit nie wederregtelik deur 'n ander mens van hom weggeneem word nie.

Deur hierdie bepaling wat voor die bestaan van Israel as volk gegee is, maak die Skrif die doodstraf geldend vir alle mense van alle tye.

Die doodstraf op moord by Israel (Eks. 21:12; Lev 24:17; Num 35:16-21), moet ook gesien word as die wetlike omskrywing van die bepaling in Genesis 9:6.

2.1.2 Die Israelitiese wetgewing
Volgens die wette wat die Here deur Moses aan Israel gegee het, was daar 21 oortredings waarvoor die doodstraf opgelÍ is of opgelÍ kon word. Dit kan in die volgende vier groepe verdeel word.

2.1.2.1 Religious misdade

In hierdie kategorie kry 'n mens te doen met die verbod om aan ander gode te offer (Eks. 22:19) of om God te vloek (Eks. 22:17). Wie dit gedoen het, moes met die dood gestraf word. So moes Israel geleer word om God as 'n heilige God te eer en om te besef dat Hy in sy hoogheid en heiligheid Hom nie laat bespot, minag of belaster nie (Lev 20:7-27).

2.1.2.2 Misdade waardeur mense gedood is

By hierdie soort misdade word die sogenaamde jus talionis of vergeldingsreg aangetref (Eks. 21:22-25). Dit kom hierop neer: soos jy aan ander gedoen het, so sal aan jou gedoen word ('n oog vir 'n oog, 'n tand vir 'n tand, 'n lewe vir 'n lewe).

Die jus talionis dui wel aan dat daar vergelding kan plaasvind, maar dit het veral ten doel gehad om die vergelding streng te beperk. As iemand 'n moord gepleeg het, moet by vergelding nie sy hele gesin doodgemaak word nie maar net die oortreder self.

Die instelling van die sogenaamde vrystede in Israel (Num 35:9-34) het die geleentheid aan die vermeende oortreder gebied om op 'n regverdige wyse verhoor te word sodat in die lig van die beskikbare getuienis bepaal kan word of hy werklik skuldig is en in welke mate (Num 35:22-25). As hy werklik aan moord skuldig is, moes hy sterwe (Lev 24:17; Num 35: 16-21).

2.1.2.3 Morele misdade

Die misdade wat hier ter sprake kom, is byvoorbeeld om ouers te slaan of te vloek (Eks. 21:15, l 7), koppigheid van 'n seun wat hom boonop aan drank oorgee (Deut 21:l8-21) en sekere vorms van geslagsgemeenskap buite die huwelik (Deut 22:13-30).

Hierdie bepalings vorm deel van die heiligheids- en reinheidswette wat die Here aan Israel gegee het. Ook op hierdie wyse wou die Here hulle leer om sy heiligheid te erken en om daarom as sy volk self heilig te lewe (Lev 19:2; 20:7).

So moes Israel opgevoed word tot 'n hoogstaande sedelike lewe tot eer van God.

2.1.2.4 SeremoniŽle misdade

Die seremoniŽle misdade is byvoorbeeld die gebruik van "vreemde vuur" by die diens van die Here soos Nadab en Abihu gedoen het (Lev l 0:1-2) of die skending van die sabbat wat met steniging gestraf moes word (Num 15:32-36). Ook op hierdie wyse moes die heiligheid van die Here by die volk ingeskerp word. Oortreding in hierdie verband beteken immers selfverheffing teenoor God.

2.1.3 Moordenaars wat nie doodstraf ontvang het nie

Dit tref 'n mens dat daar enkele gevalle in die Ou Testament voorkom waar die moordenaars nie die doodstraf ontvang het nie.

2.1.3.1 Kain (Gen 4:1-6)

Kain het vir Abel doodgeslaan. Waarom God sy lewe gespaar het, is onbekend. Oor God se verborge wil durf ons nie spekuleer nie. Feit is dat God se geopenbaarde wil is dat 'n moordenaar met die dood gestraf moet word (Lev. 24:17; Num 35:16-21).

2.1.3.2 Moses (Eks. 2:11 - 14)

Moses het 'n Egiptenaar doodgeslaan en tog is hy nie daarvoor gestraf nie. Waarskynlik het hy nie bedoel om moord te pleeg nie sodat dit eerder as strafbare manslag beskou moet word. Duidelikheid is daar egter nie.

2.1.3.3 Dawid (2 Sam 11 en 12)

Dawid pleeg owerspel en moord. Vir elkeen van hierdie twee misdade kon hy met die dood gestraf word. Hy is wel gestraf, maar nie met die dood nie. Waarskynlik sou die owerspel en moord wat hy daarna as straf in sy eie huis ervaar het, 'n swaarder straf vir hom as sy eie dood gewees het. Hy gee trouens self te kenne dat hy sou verkies het om in sy seun Absalom se plek te sterwe (2 Sam 18:33). Ook hier is dit nie duidelik waarom hy nie die doodstraf ontvang het nie.

2.1.4 Omstandighede en die doodstraf

Die Ou Testamentiese gegewens dui daarop dat sekere omstandighede verswarend was (sien pte. 2.1.2.1 - 2.1.2.4) en tot die toepassing van die doodstraf gelei het. Aan die ander kant is daar ook getuienis dat versagtende omstandighede in ag geneem moes word sodat die doodstraf nie toegepas moes word nie, al was daar lewensverlies (vgl. Eks. 21:l 3, 14, 20, 21; 22:2). Voorbedagte rade word as 'n rede vir doodstraf gereken (vgl. Eks. 21:14).

2.1.5 2.1.5 God se doel met die doodstraf

Wanneer gepoog word om te bepaal wat God se doel met die doodstraf op al die genoemde oortredings was, moet onderskei word tussen doodstraf op moord aan die een kant en die doodstraf op religieuse, morele en seremoniŽle oortredings aan die ander kant.

Die doodstraf op die moord moet gesien word in verband met die uitspraak in Genesis 9:6. Daardeur het die Here getoon dat die waardigheid van die mens as beeld van God nie aangetas mag word nie. Dit is ook gegee voor Israel as volk bestaan het en is vir alle tye en volke bedoel. Daarom was dit logies dat dit ook 'n plek in die wetgewing van Israel sou kry.

Die rede vir die doodstraf by al die ander oortredings is nie voor die hand liggend nie. Verskeie verklarings word daarvoor gegee. Dit wil egter voorkom of die Here op die wyse sy eie Goddelikheid en heiligheid by Israel wou inskerp. Op 'n wyse wat spesifiek op Israel in hulle tyd toegespits was, wou Hy hulle leer om as sy volk Hom te vrees en heilig te lewe. Hulle moes besef dat hulle 'n unieke volk van 'n unieke God is.

'n Mens kan dus se dat die oplegging van die doodstraf 'n bepaalde onderrigtende betekenis gehad het sonder om daarmee te kenne te gee dat dit die enigste of belangrikste betekenis is.

2.1.6 Samevatting van Ou-Testamentiese gegewens

Die bepaling van Genesis 9:6 is voor die bestaan van Israel as volk gegee en daarom geld dit universeel en vir alle tye. Daarom het dit ook Ďn plek gevind in die Israelitiese wetgewing. Indien iemand van moord aangekla is, moes hy Ďn regverdige verhoor ontvang het sodat eers vasgestel kan word of hy skuldig is. Indien hy wel skuldig was, moes hy met die dood gestraf word sodat daar Ďn regverdige vergelding kon plaasvind en nie onbeheerste wraak nie. Vir die toepassing van die doodstraf moet enersyds voorbedagte rade en verswarende omstandighede en andersyds versagtende omstandighede in ag geneem word. Oor die redes vir die oplegging van die doodstraf vir die ander oortredings volgens die wette van Moses en die nie-oplegging van die doodstraf daarvoor in die Nuwe-Testamentiese tyd is daar nie volle duidelikheid nie. Dit is ook nie duidelik waarom Kain, Moses en Dawid nie met die dood gestraf is nie.

2.2 Gegewens uit die Nuwe Testament
2.2.1 2.2.1 Afskaffing van doodstraf nie vermeld nie

NÍrens in die Nuwe Testament word gesÍ dat die doodstraf in die gevalle soos in die Ou Testament bepaal, nie meer opgelÍ moet word nie. Tog is dit ' n feit dat dit nie meer in al die gevalle opgelÍ is nie. Dit beteken nie dat die oortredings waarvoor die doodstraf in die Ou-Testamentiese tyd opgelÍ is (oortredings van die seremoniŽle wet uitgesluit), in die Nuwe-Testamentiese tyd nie meer ernstige sondes is nie. Dit bly ernstige sondes in die oŽ van die Here, al word dit nie op dieselfde wyse gestraf nie.

2.2.2 Die owerheid se bevoegdheid om die doodstraf op te lÍ

Daar is veral drie Skrifgedeeltes wat getuig van die owerheid se bevoegdheid by doodstraf, naam lik Rom. 13:1-7, Joh 19:10-11 en Hand 25:10-11.

2.2.2.1 2.2.2.1 Paulus oor die owerheid (Rom. 13:1-7)

Waar Paulus in Rom. 13 oor die owerheid handel, skryf hy: "Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy (die owerheid) dra die swaard nie verniet nie, want hy is 'n dienaar van God, 'n wreker om die een wat kwaad doen, te straf" (Rom. 13:4, 1933/53-vertaling).

Die uitspraak dat die owerheid die "swaard" dra, kon vir die mense aan wie die brief oorspronklik geskryf is net een ding beteken het, en dit is dat hy ook die reg het om met die dood te straf. Die swaard is destyds inderdaad vir die doel gebruik. Van die apostel Jakobus word uitdruklik gese dat Herodes hom met die swaard laat doodmaak het (Hand 12:2). Vir die mense van daardie tyd was die "swaard" dus sinoniem met "doodmaak". Waar Paulus in Rom. 13:4 dan skryf dat die owerheid "die swaard dra", verwys hy itdruklik na die owerheid se bevoegdheid om met die dood te straf.

Die uitdrukking "swaard dra" word dus as sinnebeeld gebruik, by wyse van 'n sinekdogee die deel verteenwoord die geheel . Die swaard verwys nie net na die doodstraf nie maar na alle optredee waarmee wet en orde gehandhaaf word. Die owerheid hanteer die swaard dus ook waar ander strawwe as die doodstraf aangele word. Dit beteken egter nie dat die "swaard" bloot simbolies verstaan moet word, asof doodstraf nie daarby inbegrepe sou wees nie. As sinekdogee verwys die "swaard" in die eerste plek van die doodstraf, maar ook na ander strawwe.

Daarby stel Paulus dit duidelik dat die owerheid sy gesag van God ontvang het (vers 1 ). Ook die bevoegdheid om die swaardmag te gebruik en die doodstraf op te lÍ, het die owerheid van God ontvang. Ook daarin is hy dienaar van God (vers 4).

Verder word ook met nadruk gese dat die owerheid die swaard nie verniet dra nie. Op hom rus die plig om die een wat kwaad doen en straf met die swaard verdien, ook werklik met die swaard te straf. As die owerheid iemand wat straf verdien, nie werklik straf nie, kom die owerheid se verantwoordelikheid as dienaar van God in gedrang.

2.2.2.2 Jesus voor Pilatus (Joh 19:10-11)

As Pilatus aan Jesus sÍ: "Weet jy nie dat ek mag het om jou te kruisig nie?" betwis Jesus dit nie maar bring dit onder die aandag van Pilatus dat hy daardie mag - insluitende die mag om die doodstraf op te le - van God ontvang het, want Hy sÍ: "U sou geen gesag oor My gehad het as dit nie van Bo aan u gegee was nie".
Jesus erken Pilatus se gesag om die doodstraf op te le as 'n Godgegewe gesag.

2.2.2.3 Paulus voor Festus (Hand 25:10-11)

Paulus het aan Festus gesÍ: "Ek staan tereg voor die keiserlike regbank. Hier moet ek verhoor word ... As ek skuldig is en iets gedoen het wat die doodstraf verdien, is ek bereid om te sterwe".

Ook Paulus erken dat die owerheid in die persoon van Festus die reg het om die doodstraf op te le op die wat dit verdien.

2.2.2.4 2.2.2.4 Samevatting

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat volgens die uitsprake van Jesus (Joh 19: l0-11) en Paulus (Hand 25: l 0-1 l; Rom. 13:1-7):

(1) Die owerheid die reg en bevoegdheid het om met die dood te straf
(2) Hy het hierdie reg en bevoegdheid van God self ontvang
(3) Hy hierdie reg en bevoegdheid moet gebruik as 'n persoon se oortreding dit regverdig
(4) Hy sy Godgegewe roeping versaak indien hy die reg en bevoegdheid nie gebruik waar dit nodig is nie.

2.2.3 Die oortredings waarvoor die doodstraf opgelÍ is

In die Nuwe Testament word geen voorskrifte gegee vir die oplegging van die doodstraf vir spesifieke oortredings nie. Die enigste beskikbare gegewens is deskriptief van aard, maar het nie normatiewe gesag vir vandag nie (vgl. die rowers wat met Jesus gekruisig is - Matt 27:38; Mark 15:27).

In die Nuwe-Testamentiese tyd kon die Joodse Raad steeds volgens die Ou-Testamentiese wette die doodstraf by wyse van steniging toepas in geval van religieuse, sedelike en seremoniŽle oortredings. Op 'n klag van lastering teen Moses en God het hulle Stefanus gestenig (Hand 7). Toe hulle Jesus wou stenig omdat Hy godslaterlike dinge sou gese het (Joh 8-59; 10:31-39), het Hy hulle egter nie toegelaat nie. Ook toe hulle die owerspelige vrou wou stenig (Joh 8:3-7), het Jesus dit verhoed.

Hoewel Jesus die bevoegdheid van die Joodse Raad om die doodstraf vir hierdie soort misdade op te lÍ, nie betwis nie, erken Hy dit ook nie (soos in die geval van Pilatus nie). Uit sy optrede, veral met die owerspelige vrou (Joh 8:3-7), blyk egter dat Jesus in die geval van religieuse en morele oortredings 'n ander weg aanwys as diť van doodstraf, naamlik berou en bekering. Dit is trouens ook in lyn met die Nuwe-Testamentiese openbaring in geheel, dat die doodstraf vir religieuse, morele en seremoniŽle oortredings met die koms van Christus tot 'n einde gekom het.

2.2.4 Die doel van die oplegging van doodstraf
2.2.4.1 Om God se regverdige vergelding uit te oefen

Die mens moet nie in persoonlike hoedanigheid wraak neem as hy veronreg is of sy naasbestaande(s) doodgemaak is nie. Hy moet vergewe (Matt 6:12, 14). God alleen het die reg om wraak te neem en te vergeld. Daarom sÍ Paulus ook: "Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: `Dit is my reg om te straf; Ek sal vergeld', se die Here" (Rom. 12:19).

Dit het God egter behaag om sy wraak en vergelding deur die owerheid uit te oefen. Daarom word die owerheid ook 'n wreker genoem (Rom. 13:4). As God se vergelding geskied deur die owerheid wat nie emosioneel by die oortreder of die slagoffer en hulle gesinne betrokke is nie, kan reg en geregtigheid op die beste wyse aan al die betrokke partye bewys word. Die oortreder kry sodoende 'n billike verhoor en word regverdig gestraf.

2.2.4.2 Om te dien as afskrikmiddel

In Romeine 13:3, 4 word uitdruklik gese dat vrees in hierdie verband ook 'n rol moet speel. Wie goed doen, hoef nie te vrees nie. Maar die kwaaddoener moet weet dat die owerheid van God die reg ontvang het om met die dood te straf en daarom moet hy vrees. Die vrees vir doodstraf moet hom van wandade weerhou. Doodstraf moet dus inderdaad as afskrikmiddel in 'n sondige wereld dien.

2.2.4.3 BeskermingsmaatreŽl

In Romeine 13:4 word aangetoon dat God owerhede opdrag gee om oortreders in die samelewing te straf (desnoods met die dood te straf), die samelewing ten goede. Die instelling van owerhede om misdaad uit die samelewing weg te weer, is deel van God se algemene genade, waardeur Hy die mense in staat stel om 'n rustige en stil lewe te kan lei (1 Tim 2:).

2.2.4.4 Samevatting

Die doodstraf moet gehandhaaf word sodat God deur die owerheid Ďn regverdige vergelding teenoor al die betrokkenes kan laat plaasvind, sodat die samelewing teen boosdoeners beskerm kan word, en sodat ditín afskrikmiddel kan wees wat mense kan weerhou van misdade wat diood verdien.

2.3 Gegewens uit die Belydenisskrifte

In die Belydenisskrifte van die GKSA is daar veral twee uitsprake wat met die doodstraf verband hou:

In art. 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis word gesÍ dat die taak van die owerheid is om die losbandigheid van die mense in bedwang te hou en toe te sien dat alles onder die mense ordelik kan verloop. En dan word bygevoeg: "Vir die doel het Hy (God) die owerheid die swaard in die hand gegee om die kwaaddoeners te straf (Rom. 13:4) en die deugsames te beskerm".

In die Heidelbergse Kategismus (40:105) word duidelik aangetoon dat die doodmaak van mense (ander of jouself deur God in die Sesde gebod verbied word. In aansluiting daarby word dan verklaar: "Daarom dra die owerheid die swaard om die doodslag te weer" (Gen 9:6; Eks. 2l :14; Matt 26:52; Rom. 13:4).
Die feit dat in beide uitsprake op grond van Romeine 13:4 gesÍ word dat die owerheid die swaard dra en hierdie Skrifuitspraak vertolk as verwysing na o.a. doodstraf (vgl. 3.1.3), lei tot die gevolgtrekking dat die owerheid die reg en die plig het om die doodstraf toe te pas op diegene wat hulle aan moord sonder versagtende omstandighede skuldig gemaak het.

2.4 Argumente vir en teen doodstraf

In die verskillende geskrifte wat oor die onderwerp van die doodstraf geskryf is, word daar 'n baie groot getal argumente vir en teen doodstraf na vore gebring, en vir elkeen van die argumente word daar weer een of meer teenargumente geopper. Die argumente (vir of teen doodstraf) wat die meeste gewig dra of die grote impak op die publiek het, is die volgende:

2.4.1 Argumente vir doodstraf
2.4.1.1 Beskerming van die samelewing

Dit word algemeen aanvaar dat elke mens die reg het om homself teen 'n aanvaller te verdedig. Hy is verplig om die lewe wat hy as gawe van God ontvang het, ook te beskerm. En as hy in die proses van selfverdediging die aanvaller doodmaak, word hy nie vir sy dood aanspreeklik gehou nie. Op dieselfde wyse behoort die samelewing homself te beskerm teen 'n persoon met 'n moorddadige gesindheid wat nie skroom om ander mense dood ,te maak nie. Om so 'n persoon gevangenisstraf op te lÍ, is nie voldoende nie. Sodra hy uit die gevangenis vrygelaat word, kan hy weer voortgaan om moorde te pleeg, en in die verlede het dit in baie gevalle inderdaad gebeur. Hierteenoor kan gestel word dat so 'n misdadiger dan maar letterlik lewenslank in die gevangenis moet bly, maar die samelewing loop tog altyd die risiko dat hy moontlik kan ontsnap en met sy moorde kan voortgaan of dat hy van sy medegevangenes kan vermoor. In die lig daarvan dra hierdie argument ten gunste van doodstraf baie gewig.

2.4.1.2 Daar moet regverdige vergelding wees

'n Regverdige vergelding beteken dat die straf in die regte verhouding moet staan met die misdaad wat begaan is. As iemand gewelddadig lewe en ander mense die lewe ontneem, is dit niks anders as regverdig dat daar ook op die wyse teenoor hom opgetree moet word (vgl. Matt 7:2). Die misdadiger moet trouens ook eweredige vergelding te wagte wees. Indien dit nie gebeur nie en die publiek die gevoel kry dat die straf van die owerheid minderwaardig is in vergelyking met die misdaad wat gepleeg is, bestaan die gevaar dat mense uit frustrasie die reg in eie hande kan neem en - al is hulle optrede wederregtelik - selfs as regters en beule begin optree (vgl. 2.2.4.1).

Die opstand, anargie en verwoesting wat in April 1992 in Los Angeles, VSA, gevolg het op 'n hofuitspraak wat volgens die publiek nie in ooreenstemming was met die misdaad wat begaan is nie, toon die erns van hierdie argument duidelik aan.

2.4.1.3 Doodstraf dien as afskrikmiddel

Hieroor is daar baie verskil. Aangesien die Skrif self hierdie argument as rede vir die doodstraf noem (vgl 2.2.4.2), moet die Christen dit baie ernstig ter harte neem.

2.4.2 2.4.2 Argumente teen doodstraf
2.4.2.1 Die lewe is heilig

Omdat die mens se lewe heilig is, moet sy lewe onder alle omstandighede beskerm word en mag 'n ander persoon selfs nie in selfverdediging doodgemaak word nie. Daarom mag daar ook geen doodstraf wees nie. Hierdie argument bevorder 'n vorm van passivisme wat nog meer radikaal is as die pasifisme. Hierteenoor moet gestel word: As iemand deur sy eie optrede (moord) die heiligheid van ander se lewe ontken, kan hy nie self aanspraak maak op die beskerming van sy eie lewe omdat dit heilig is nie.

2.4.2.2 Die onherroeplikheid van doodstraf

'n Belangrike argument wat teen die doodstraf ingebring word, is dat indien 'n persoon met die dood gestraf word en dit later blyk dat hy onskuldig is, kan daar niks meer aan die saak gedoen word nie. Ter wille van moontlike foute wat 'n hof kan maak, behoort daar dus geen doodstraf te wees nie. Doodstraf moet slegs toegepas word waar skuld bo alle twyfel bewys is. Wanneer daar enige vorm van twyfel bestaan, moet die beskuldigde die voordeel van die twyfel kry en die doodstraf nie toegepas word nie.

2.4.2.3 Die doodstraf is barbaars

God gee alle lewe en het daarom ook die reg om 'n lewe te neem (Job 1:21). Die mag om die swaard te hanteer word aan die owerheid opgedra (Rom. 13:1, 4). Doodstraf opsigself as eis van God is dus nie in sigself barbaars nie. Die wyse van voltrekking kan wel op 'n barbaarse wyse uitgeoefen word.

2.4.2.4 Christus se kruisdood het doodstraf beŽindig

Die siening bestaan dat Christus se dood aan die kruis ter voldoening aan die vergeldende geregtigheid van God tot gevolg het dat barmhartigheid aan alle mense bewys moet word en dat die doodstraf derhalwe heeltemal afgeskaf moet word.

Hierteenoor: Al het Christus deur sy kruisdood die straf oor die sonde van die mens gedra, mag daaruit nie afgelei word dat alle strafmaatreŽls daarmee opgehef word nie. Soos hierbo aangetoon is, erken die Skrif baie duidelik die roeping en taak van die owerheid - ook na die kruis en opstanding van Christus - om in hierdie sondige bedeling die kwaad deur strafmaatreŽls teen te werk.

2.4.2.5 Die verantwoordelikheid van die samelewing.

Hierdie argument wil die invloed van die samelewing as oorsaak van moorde aandui. Die bewering word gemaak dat 'n samelewing waarin onreg, mishandeling en moord geduld word, 'n bepaalde persoon kan motiveer om self ook moord te pleeg.

In hierdie argument mag daar 'n element van waarheid wees en dan behoort so 'n situasie met die oog op versagtende omstandighede oorweeg te word. Aan die ander kant kan selfs in so 'n milieu alle moorde nie sonder meer aan die invloed van die samelewing toegeskryf word nie. Bowendien, as een verkeerd doen, mag dit tog nie vir 'n ander die rede gee om dit ook te doen nie.

2.4.3 Samevatting

Die argumente dat doodstraf deur die owerheid noodsaaklik is vir die beskerming van die samelewing en ook noodsaaklik kan wees vir die regverdige vergelding van 'n persoon se misdaad, dra beslis gewig, asook die feit dat dit moet dien as afskrikmiddel.

Die argumente teen doodstraf bied nie voldoende motivering virdie afskaffing daarvan nie.

Besluit: Die Sinode keur die herformulering van punt 2 goed, soos deur die Kommissie aanbeveel (wysigings reeds aangebring - Depp. Handelinge).

3. 3 Sake vir beoordeling
3.1 Die bevinding van die Deputate
3.1.1 Wat die Ou Testament betref, is die bepaling van Genesis 9:6 van groot belang:

"Wie die bloed van 'n mens vergiet, deur 'n mens sal sy bloed vergiet word. God het die mens as sy beeld gemaak".
Hierdie bepaling is voor die bestaan van Israel as volk gegee en daarom geld dit universeel en vir alle tye. Daarom het dit ook 'n plek gevind in die Israelitiese wetgewing maar geldig gebly ook na die afskaffing van die seremoniŽle wette. Indien iemand van moord aangekla is, moet hy 'n regverdige verhoor ontvang het sodat eers vasgestel kan word of hy skuldig is. As hy wel skuldig is, moet hy met die dood gestraf kon word sodat daar 'n regverdige vergelding kon plaasvind en nie onbeheerste wraak deur die geliefdes van die slagoffer nie.

3.1.2
Die gegewens uit die Nuwe Testament, en Romeine 13:1-7 in die besonder, toon dat die owerheid van God die reg ontvang het om met die dood te straf en dat hy sy Godgegewe roeping versaak indien hy die reg en bevoegdheid nie gebruik waar nodig nie. Die doel met die doodstraf moet wees om God se regverdige vergelding oor die oortreder uit te oefen en om te dien as afskrikmiddel sodat mense van sulke uiterste misdade weerhou kan word.

3.1.3
In die Belydenisskrifte van die GKSA oor die taak van die owerheid word baie nou aangesluit by veral Romeine 13:4. Die implikasie daarvan is dat die owerheid die bevoegdheid het om met die dood te straf en dat hulle dit ook inderdaad moet doen waar nodig.

3.1.4
Die argumente dat die doodstraf deur die owerheid noodsaaklik is vir die beskerming van die samelewing en ook noodsaaklik kan wees vir die vergelding van 'n persoon se misdaad, dra beslis gewig, asook die feit dat dit as afskrikmiddel moet dien.

3.1.5
Vir die oorweging van die doodstraf geld dat die daad met voorbedagte rade gepleeg is en/of dat verswarende omstandighede bevind word sonder versagtende omstandighede.

Besluit: Goedgekeur.

4. Sake waaroor die Sinode moet besluit

Die Sinode oordeel, in die lig van Skrif en Belydenis

4.1
Slegs die owerheid het die reg en bevoegdheid om die doodstraf toe te pas.
Besluit: Goedgekeur.

4.2
Die owerheid is voor God verplig om die doodstraf toe te pas in die geval van moord met voorbedagte rade en/of met verswarende omstandighede sonder versagtende omstandighede.
Besluit: Goedgekeur.

4.3
Die owerheid moet hierdie maatreŽl toepas sodat daar Ďn ordelike samelewing kan wees, om die oortreder regverdig te straf en om ander daarvan af te skrik om wandade te pleeg waar mense om die lewe gebring (kan) word.

Besluit: Goedgekeur.

In 2003 het die sinode kennis geneem van ʼn dokument van Deputate Owerheid in 2003 oor die herinstelling van die Doodstraf (Acta 2003:230-234)
 

 
terug na bo
 
 

Tuisblad | Wie is ons? | Plaaslike Kerke | Gemeentes | Kommunikasie | Publikasies | Sinodes | Argief |Kontak Ons

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com

We recommend that you view this website with: MS IE 7+ of Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0