Home Up

BESKRYWINGSPUNT PARTIKULIERE SINODE NOORD-TRANSVAAL OOR "NUWE" PSALMOMDIGTING (Artt.109, 253)

Oudl. N.G. Sarkady stel die Beskrywingspunt.

Besluit: Die Beskrywingspunt word verwys na Kommissie Liturgies 2.

Ds. G.C. Verhoef stel die Kommissierapport.

BESKRYWINGSPUNT

Die Nasionale Sinode 2000 spreek hom uit oor die "nuwe" Psalmomdigting, in die opsig dat die Sinode 2000 D.V. te Potchefstroom nie ‘n finale besluit neem ten aansien van die goedkeuring, aanvaarding en invoering van die "nuwe" Psalmomdigting nie totdat alle Psalms deur die Deputate voorgelę is vir beoordeling deur die kerke.

 

Motivering

1. Die werk aan die omdigting het reeds ver gevorder. Dit is bekend dat meer as 100 Psalms reeds deur T.T. Cloete en enkele andere voltooi is. Steeds kon die kerke nie hiervan kennis neem nie en moet daar gewag word vir ‘n Rapport D.V. by Sinode 2000. Dit terwyl die ander meewerkende kerkrade, met name die Ned. Geref.Kerk en die Ned. Hervormde Kerk reeds op verskeie wyses die Psalmomdigtings in eie geledere beskikbaar gestel, gesing en selfs bespreek het.

2. Dat dit bekend is dat die doel is om die omdigting teen 2001 te druk en beskikbaar te stel. Dit beteken dat die Gereformeerde Kerke ‘n volmag aan Deputate moet verleen om die werk af te handel terwyl ‘n selektiewe fraksie van die werk vir beoordeling aan die Sinode voorgehou word. Deputate tree namens die kerke in die Interkerklike Psalmkommissie op om met die werk te help, maar Deputate kan nie namens die kerke ‘n besluit neem nie. ‘n Volmag kan nie verleen word in so ‘n belangrike saak nie. Omdat die invoering van ‘n nuwe omdigting veral die Gereformeerde Kerke as Psalmsingende kerk raak, is dit noodsaaklik dat alle kerke, en nie bloot ‘n steekproef van kerke soos deur die Deputate bepaal nie, voor die finale besluit van goedkeuring deur ‘n Sinode ten minste alle Psalms ter insae moet hę. ‘n Sinode kan nie slegs ‘n gedeelte van die Psalms beoordeel en daarmee ‘n hele beryming/omdigting aanvaar en invoer nie.

3. Daar die "nuwe" omdigting radikaal verskil van die 1937 Totius-beryming sou dit die juiste weg wees om openheid na die kerke toe te bevorder en is daar geen rede waarom die kerke nie volledig van die omdigting kennis mag neem nie.

 

Besluit: Aan die Beskrywingspunt word gevolg gegee deur die besluit wat die Sinode reeds geneem het: Dat die kerke die nuwe Psalmberymings ter insae kry vir beoordeling en kommentaar deur die nuwe Deputate.