 | |
RAPPORT DEPUTATE VIR LITURGIESE SANG (Artt.48, 118)
Ds. A.H. Mulder stel die Rapport.
Enkele melodieë is van prof. Henk Temmingh ontvang. Die Kommissie moet
hieraan aandag gee.
Besluit: Die Rapport word verwys na Kommissie Liturgies 1.
Ds. J.H. Cilliers stel die Kommissierapport.
RAPPORT
1. Opdrag
Acta 1997:771, 4.1.1-4.1.4:
1.1.1 Om die harmonisasies van Pss. 38, 49, 54, 60, 74 en 87 deur
n kundige persoon te laat verander ter verbetering van die gemeentesang
1.1.2 versoek kundige persoon om melodieë wat hoog lê, laer te
transponeer, te wete Pss. 38, 103, 106, 143 en Sbs. 6.14 en 16.2
1.1.3 soek en versoek komponiste om alternatiewe vir melodieë in 3.5
genoem, te komponeer betyds vir die Agenda van Sinode 2000
1.1.4 n Lys van alternatiewe melodieë vir gebruik in kerke moet
so gou moontlik in n meer bevatlike en vereenvoudigde formaat (afkortings liefs
uitgeskryf), aan al die kerke gestuur word vir gebruik.
Besluit: Kennis geneem.
2. Sake waarvan die Sinode kan kennis neem
2.1 Werkwyse
2.1.1 U Deputate het op 19/2/1998 en op 27/5/1999 vergader.
2.1.2 Opdrag 4.1.1. n Kundige persoon is in ds. Arnold Mulder
gevind wat alreeds alternatiewe harmonisasies vir die betrokke melodieë gereed gemaak
het. Hulle word as n bylae by hierdie Rapport aangeheg (Bylae A).
2.1.3 Opdrag 4.1.2. Die transponerings is gedoen en is reeds in die
nuutste Psalmboek opgeneem.
2.1.4 Opdrag 4.1.3 Nadat n versoek in Die Kerkblad
geplaas is dat nuutgekomponeerde melodieë vir Psalms 17, 39, 44, 52, 55, 56, 57, 58, 109,
120, 129, 142 en Sb. 17, 20, 35 ingewag word, het twee lidmate gereageer. Weens sekere
redes, wat aan die betrokkenes meegedeel is, kon die Deputate nie van hulle melodieë
gebruik maak nie. Professionele komponiste is nie genader nie weens finansiële
implikasies. Prof. Henk Temming het egter onderneem om te werk aan die bogenoemde Psalms
met 1976 melodieë, nl. Ps. 44, 120 en 129, maar hy wil nie aan die Geneefse melodieë
verander of alternatiewe daarvoor aanbied nie. Sy werk word by hierdie Rapport aangeheg
(Bylae B). Die 1937-melodieë van Psalms 120 en 142 kan ook as alternatiewe gebruik word.
2.1.5 Opdrag 4.1.4. Die lys van alternatiewe melodieë wat deur die
1997 Sinode goedgekeur is word reeds in die nuutste Psalmboek aangetoon. n Volledige
lys plus n aantal geskikte Gesangemelodieë word deurgestuur vir plasing in Die
Kerkblad.
Besluit: Kennis geneem.
3. Sake waaroor die Sinode moet besluit
3.1 Keur die harmonisasie van ds. Arnold Mulder vir Pss. 38, 49,
54, 60, 74 en 87 goed (Bylae A).
Besluit: Goedgekeur.
3.2 Keur die transponerings van Pss. 38, 103, 106, 143 en Sb. 16.2
goed.
Besluit: Goedgekeur.
3.2.1 Behou die bestaande melodieë van Pss. 17, 39, 52, 55, 56, 57,
58, 109 en 142 so, met die 1937-melodieë as alternatiewe vir Pss. 120 en 142.
Besluit: Goedgekeur.
3.2.2 Keur die nuutgekomponeerde melodieë van ds. A.H Mulder en prof.
H. Temmingh vir Pss. 44, 120 en 129 goed.
Besluit: Goedgekeur.
4. Aanbevelings
4.1 Benoem weer Deputate vir Liturgiese Sang.
Besluit: Goedgekeur.
|