Lewendige uitsending van eredienste
Daar is 'n aantal opsies:
-
Slegs direkte uitsending
-
Direkte uitsending met opname by audioserver.nl sodat daar later na die erediens geluister kan word. Die latere luister kan net luister wees of aflaai op eie PC.
Alhoewel dit ook op audioserver.nl se webblad verskyn onder "overigen" word die gemeente se eie webblad gewoonlik gebruik om by die skakel uit tekom. Audioserver.nl sal later hierdie jaar 'n spesiale bladsy byvoeg vir SA wat in engels en afrikaans sal wees.
Audioserver.nl is besig met toetse om nie net audio te doen nie maar beeld by te voeg. Navorsing het gewys dat daar dan tenminste 3 kamera's gebruik moet word. 'n Statiese wat net op die predikant gerig is veroorsaak luisteraar/kyker moegheid en daar word dan van die skerm af weg beweeg. Die ander probleem is die bandwydte. Nie soseer in Nederland nie maar wel in SA. Die oplaai moet 'n konstante spoed hê. Die huidige oplaai met MP3 is 16kb/sec. wat goeie kwaliteit verseker.
|