Ek wil leer op die preke direk op die rekenaar op te neem |
Ek wil die gestoorde preke vanaf 'n band / klankstelsel op die rekenaar oorsit. |
Ek wil die preek / erediens stoor vir argiefdoeleindes |
Ek wil die preek / erediens se formaatverander om op die internet te plaas |
Ek wil weer van voor af begin |
Ek wil preke op die rekenaar verwerk om te stoor |
Opmerking: |
Hier is dit belangrik om te besef dat 'n mens nie dieselfde kwaliteit klankopname nodig het as 'n kommersiële CD nie. Dink hieraan: die opname vir kommersiële doeleindes kan tot 1 mB per sekonde wees. Die gemiddeld waarop die kommersiële mark werk is 700mB per uur. Die koste en stuurplek kan boelik word as dit 'n langtermyn projek word. |
Wenk: |
Stoor die preke / erediens in MP3 formaat. U kan ook besluit om dit in Wave- formaat op te neem. Die nadeel van hierdie formaat is dat dit slegs binne die Microsoft-omgewing gebruik kan word. MP3 kan in alle bedryfstelsels gebruik word asook draagbare MP3-spelers |
Die openingskerm lyk só:

Druk CTRL-P (vir die instellings)
Die eerste venster wat oopmaak is die Audio I/O keuse
![]() |
Gebruik hierdie instellings. Die keuse van stereo (2 Channels) kan gekies word. Weinig mikrofone neem stereo op - dit verg gekompliseerde toerusting. Wen kwaliteit deur mono te kies. |
Die volgende instellings hang af van wat u wil doen met die lêer.
Stoor om te herskryf |
Stoor vir die Internet |
|---|---|
In hierdie formaat gaan 'n aantal preke op 'n gewone CD geskryf word en in die argief gebêre word. Indien iemand later 'n kopie van die preek wil hê, kan dit as 'n gewone klank CD geskryf word en dit sal 'n goeie klank-kwaliteit hê. Die instellings beteken dat daar ongeveer 1mB per minuut gebruik kan word. 'n Preek van 30 minute sal dan ongeveer 30mB spasie neem, en daar kan ongeveer 22 preke op 'n gewone CD gestoor word. (Indien 'n volle erediens opgeneem word, sal dit 10 - 12 Eredienste per CD kan stoor). Indien daar dan CD geskryf word in gewone klankformaat wat in 'n gewone CD-speler teruggespeel word, versiendubbel dir stoorplek. U sal dus 2, maksimun 3 preke per CD kan inpas, of 1 volledige erediens, |
In hierdie geval gaan kwaliteit ingeboet word omdat spasie beperk word. 'n Mens moet die luisteraar hier in ag neem. Iemand wat inbel om na preke te luister, moet tyd bestee om dit op sy rekenaar af te trek en te luister. (Om direk te luister oor 'n gewone foonlyn is feitlik onmoontlik. U gaan die skakel só aanbring dat dit eers afgetrek en daarna geluister word) Hier gaan gepoog word om die grootte van die lêer te beperk tot ongeveer 3mB per preek / erediens. Dit beteken dat die lêer slegs sowat 10% van die gewone MP3 sal wees. Die klankverskil sal hoorbaar wees, maar behoort voldoende te wees om die preek duidelik te volg. |
Kwaliteit
|
Kwaliteit
|
Lêer formaat |
Lêer formaat |
Die res is nie van belang nie. Kliek OK.
U is nou gereed om die gestoorde lêer te verwerk voor dit finaal gestoor word.
Druk CTRL-O of Kliek File | Open
Kies die gestuurde lêer.
Die program laai die lêer in sy eie formaat sodat dit geredigeer kan word.
U sal die volgende op die skerm sien. Hierdie is die beeld van 'n lêer wat in Mono gestoor is.
Ondersoek die program en leer dit beter ken. Die volgende plekke is van belang.

Ter illustrasie gaan 'n hoes uitgesny word.
Met die terugspeel (terigspeel 5) hoor u dat op 12:45.5 'n hoes is. Stop dadelik. ![]() |
Merk die hoes deur te linkskliek en terwyl u die knoppie inhou, te trek tot aan die einde van die hoes Druk weer die terugspeel. U sal net die hoes hoor. As dit te ver of naby is, kan dit verander word deur na die begin / einde met die kursor te veweeg en as dit verander in 'n "handjie" die linker knoppie in te hou en te skuif. |
Kliek nou die "skêr" [3] en die gedeelte is uitgesny!
Indien u 'n hout gemaak het, kan u kliek op Edit | Undo Cut (of u kan ctrl-Z druk) |
Indien u tevrede is met die preek / erediens, stoor dit. U doen dit deur te kleik op File | Export as MP3.
Eerstens word 'n lêernaam gevra. Maak die naam vriendelik vir toekomstige verwysing.
Wenk: As die preke / eredienste gestoor word volgens datum, sou ek voorstel dat u die formaat gebruik van jjjjmmdd, byvoorbeeld 20060611, dan die teksvers. Die naam kan dan byvoorbeeld wees 20060611 1Petrus3 vers 10.mp3 (onthou dat sekere karakters nie gebruik kan word nie, soos : en / en \.) Oorweeg ook indien daar in reekse gepreek word, die nommer van die preek eerste te sit, Byvoorbeeld: 03 Openbaring 2 vers 7 (Onthou dat indien Windows die name sorteer, 'n mens 1, 10, 11, 12, 2, 20, 21, 22, ..., 3, 4, 4 gee, daarom is dit wys om 'n 01, 02, 03 stelsel te gebruik.
Tweedens word detail inligting gevra. Die Skerm lyk so:
![]() |
Onthou: die inligting wat u hier invoer, word vertoon as die lêer in 'n program soos Media Player of Winamp teruggespeel word. Spelfoute kan nie later reggestel word nie.Title: Gee hier die volledige titel van die preek / erediens. Byvoorbeeld: Die onheilige drietal. Preek 1. Openbaring 23 Artist: Wie is die prediker? Byvoorbeeld: Ds P.R.E. Dikant Album: Indien dit 'n reeks preke oor Openbaring is, kan hier "Openbaring" ingevul word. Track number: nie vreeslik belangrik nie. As die preek in 'n reeks is, kan dit nommer van die preek hier ingevul word. Die res kan oopgelaat word. Ongelukkig bied die Genre nie die fasiliteit vir "preke" nie. Dit word egter nie vertoon in die meeste spelers nie en kan geïgnoreer word.
|
Nou is die preek / erediens op die hardeskyf gestoor en kan nou op die Internet geplaas word of daar kan gewag word tot 'n CD vol is voor dit daar geskryf word.
Nota: Indien u Nero gebruik, let daarop dat die program onderskei tussen Audio, Data en MP3. Indien u dit in MP3 formaat wil stoor moet u dus nie Audio gebruik nie - ander skryf die program dit as 'n gewone CD wat in 'n CD speler teruggespeel kan word.