Klankopnames vir die Kerk

Hennie van Wyk

Hieronder word vir die persoon wat graag klankopnames in die kerk van die eredienste wil maak, 'n paar riglyne gegee. Dit is geensins bedoel om 'n volledige handleiding te wees nie, en ook nie professioneel nie. Verder is die doel nie om enige verdienste hieruit te verdien nie.

Indien u enige bydraes / voorstelle / aanmerkings wil maak, kliek assblief hier om dit te doen

Die gids gaan van die veronderstelling uit dat die gebruiker 'n geringe vaardigheid met die rekenaar het. Verder neem dit aan dat u 'n Internet verbinding het, en nie professionele sagteware het of wil bekostig nie.

Die volgende behoort beskikbaar te wees:

  1. 'n Rekenaar met 'n klankkaart, 'n CD of DVD-skrywer met sy eie sagteware, en Internet verbinding indien u die Erediens / preek op die Internet wil plaas.
  2. 'n Eie mikrofoon of 'n koppeling aan die klankstelsel aan die kerk. OF. 'n Stelsel waarop die preke reeds op band opgeneem word.

U moet die volgende bekom:

  1. 'n Program vir klankredigering. Ter illustrasie word Audacity gebruik. Dit is 'n gratis program wat van die Internet afgetrek kan word. Kliek hier. (Indien u van die CD af hierdie Gids lees, is die program op die CD. Kliek hier.) Onthou om gereeld die webblad van Audacity te besoek vir die nuutste opgradering van die program.
  2. Indien u van bande of 'n ander stelsel gebruik maak wat reeds die preek / erediens elektronies gestoor het, het u 'n verboinding tussen die klankversterker en die rekenaar nodig.

U moet nou besluit wat u wil doen. U gaan meer as een keuse uitoefen. Op elke volgende bladsy is daar 'n skakel om terug te keer na hierdie blasy of na enige van die ander bladsye te spring.

Ek wil leer op die preke direk op die rekenaar op te neem
Ek wil die gestoorde preke vanaf 'n band / klankstelsel op die rekenaar oorsit.
Ek wil die preek / erediens stoor vir argiefdoeleindes
Ek wil die preek / erediens se formaat verander om op die internet plaas