Ek wil leer op die preke direk op die rekenaar op te neem
Ek wil die gestoorde preke vanaf 'n band / klankstelsel op die rekenaar oorsit.
Ek wil preke op die rekenaar verwerk om te stoor
Ek wil die klankformaat verander vir die Internet
Ek wil weer van voor af begin
 

Ek wil preke vanaf 'n band op die rekenaar opneem

Stap 1: Ek het Audacity geinstalleer.

Stap 2: Maak Audacity oop.

Die openingskerm lyk só:

Stap 3: Koppeling:

Gebruik 'n klankversterker en stel dit effens bas. (Eksperimenteer met die klank, dit gaan wissel van die bandspeler en klankversterker).

Die draad word vanaf die luidprekers / oorfone na die rekenaar gekoppel deur die in die "Line in" gaaitjie (gewoonlik die blou een). Maak seker dat Audacity ingestel is vir "Line in" (nommer 2 hieronder). U kan die volume beheer deur die instelling soos by 1 hieronder.

U begin op te neem deur die rooi sirkeltjie (nommer 4) te kleik of bloot "R" op die sleutelbord te druk.

  1. Opneemvolume

  2. Opneem-inset

  3. Knip

  4. Opneem

  5. Terugspeel

  6. Klankgrafiek

  7. Grafiekbeheer

  8. Opname volume

U sal sien dat die klankgrafiek wys dat daar wel 'n opname is.

As die grafiek bo en onder "vasslaan" en die rooi opname (8 hierbo) aanduiding regs vasstaal, is die opname te hard
As die rooi opname (8) en die grafiek min beweging toon, is dit waarskynlik te sag.
Daar behoort redelik vasiasie te wees vir 'n goeie gebalanseerde volume:

 

Stap 4. Stoor.

Na die sal u die volgende op die skerm sien.

Eerstens word 'n lêernaam gevra. Maak die naam vriendelik vir toekomstige verwysing.

Wenk: As die preke / eredienste gestoor word volgens datum, sou ek voorstel dat u die formaat gebruik van jjjjmmdd, byvoorbeeld 20060611, dan die teksvers. Die naam kan dan byvoorbeeld wees 20060611 1Petrus3 vers 10. (onthou dat sekere karakters nie gebruik kan word nie, soos : en / en \.) Oorweeg ook indien daar in reekse gepreek word, die nommer van die preek eerste te sit, Byvoorbeeld: 03 Openbaring 2 vers 7 (Onthou dat indien Windows die name sorteer, 'n mens 1, 10, 11, 12, 2, 20, 21, 22, ..., 3, 4, 4 gee, daarom is dit wys om 'n 01, 02, 03 stelsel te gebruik.

Kies die "folder" waar u die preek gaan stoor, sorgvuldig. U moet dit daarvandaan redigeer. U sal sien dat Audacity dit stoor as 'n lêer, maar ook 'n "folder" . na u dit geredigeer het, kan u die lêer en die "folder" uitvee. Maak egter seker dat u nie die verkeerde goed uitvee nie. As dit weg is, is dit weg...

U kan dit later redigeer.