Liturgie (van die Grieks leitourgia) dui persoonlik, huislik en gemeentelik (kerklik) op wat mense doen wanneer hulle God ontmoet, na Hom luister en Hom aanbid, godsdiens beoefen en Hom verheerlik. Die begrip erediens word dikwels staties geneem, asof die "erediens" ʼn program is wat begin en afgesluit word. Die dinamiese aspek van die samekoms is om in Gees en waarheid te ontmoet, te gehoorsaam en met oorgawe te luister en te aanbid. Die erediens gaan in huise en in die binnekamer van die gelowige voort, as uitvloeisel van die samekoms van die gemeente as volk van God.Die gemeente tree op ʼn bepaalde manier toe, kom saam of konstitueer om God te ontmoet (Heb 10:23; NGB, artt.27-32).

Daarna verootmoedig hulle hulle en bely skuld,ontvang vergewing en vryspraak, bid om die verligting van die Gees (epiklese) om die Woorddiens van God te hoor, en daarna antwoord hulle op die ontmoeting in dankgebed en in voorbidding vir alle owerhede, asook smeking vir die nood van almal.

Die Skrif leer dat die samekoms van God met sy gemeente, en van die gemeente met God en met mekaar,ʼn ontmoeting moet wees met liturgiese handelinge wat daartoe dien dat almal God deur sy Woord en Gees (Joh. 4:23) ontmoet, aanbid, verheerlik, eer en dien. Die liturgiese gang vir die erediens bevat die volgende hoofmomente: Die Ontmoetingsdiens (IntroÔtus), die Verootmoedigings- en Versoeningsdiens, die Woorddiens en die Antwoorddiens (Responsoria).

Die Ontmoetingsdiens bestaan uit die volgende vier elemente: votum, groetseŽn, lofliedere en geloofsbelydenis.

In die Ontmoetingsdiens is die funksie van die votum dat die gemeente openlik en nederig, plegtig verklaar dat die erediens ʼn saamkoms van God met sy volk, en daarom van sy volk met Hom en met mekaar is. Hierdeur bely die gemeente hulle afhanklikheid van en gerigtheid op God.Die groet- en wegstuurseŽn word in opdrag van God en namens God self op die gemeente gelÍ; soos die woorde en die liggaamstaal met die hande getuig. Die loflied as liturgiese handeling van die gemeente is deel van die Ontmoetingsdiens en het die spesifieke doel om op God se groetseŽn te antwoord.Die geloofsbelydenis vorm deel van die IntroÔtus waarmee die gemeente van gelowiges hulleself as "eenheid in die ware geloof" voor God stel, mekaar versterk en teenoor die wÍreld hulleself afsonder. Hiermee verklaar die gemeente sy identiteit as liggaam in een ware geloof (Joh 4:23; HK, Sondag 21; NGB, artt.27-29).

Die Verootmoedigings- en Versoeningsdiens omvat die nederige toetrede van die gemeente in die heilige teenwoordigheid van God. Dit sluit in verootmoediging deur die aanhoor van God se eise, die skuldbelydenis van die gemeente, die vryspraak van God en die afkondiging van die Wet as die reŽl van dankbaarheid vir die versoende volk van God.

Die Woorddiens omvat die gebed om die verligting van die Gees, die Selfstandige Skriflesing, die Skriflesing waaruit die prediking kom, die prediking en die sakramente.Weens die verduisterde verstand en hart van die mens en weens die Goddelike aard van die Skrif moet gebid word dat die Woorddiens waarlik opening, ontsluiting en toepassing van die Woord sal wees, en dat die gemeente die Woorddiens as Woord van God sal aanneem en dat die Woord vrug sal voortbring. Die Woord van God kom met krag omdat dit bewerk wat dit verkondig, naamlik redding van mense en bevryding van sonde en doodsmagte, tot eer, lof, dank en diens van God.

Dit is omdat die skrywers van hierdie heilige Skrifte so geÔnspireer is deur die Gees dat hulle die woorde van God skryf. Wat dus tydens die Skriflesing gehoor word, is die Woord van God.Die prediking het ʼn dienende funksie van oopmaak en toepas ten opsigte van die Skriflesing waaruit die prediking voortvloei en behoort so nou as moontlik daaraan verbind te word. God is aan die woord deurdat die prediking die Woord as opdrag het. Die lewende God se lewende Woord word verkondig (uitlÍ en toepas) en dwing tot ʼn lewende, dinamiese, appellerende oordra van die prediking. Die sakramente van die doop en die nagmaal is tekens en seŽls van Jesus Christus se offer aan die kruis en die vreugde daarvan om in ʼn versoende verhouding met God en mekaar te lewe.

Alhoewel die gemeente deurlopend antwoord op God se spreke, kulmineer die gemeente se respons in die Antwoorddiens. Daarom is die Antwoorddiens die antwoord van die gemeente op al die voorafgaande liturgiese hoofmomente, naamlik die Ontmoetingsdiens, die Verootmoedigings- en Versoeningsdiens en die Woorddiens. God roep veral deur die Woorddiens gebed, aanbidding, dank en verootmoedigingin die hart van die gemeente op.Die antwoord van die gemeente op die ontmoeting met God geskied deur gebed, Christelike handreiking en sang. Die sang van die gemeente is ʼn belangrike onderdeel van die Antwoorddiens, maar as respons van die gemeente kom dit as liturgiese handeling ook in die ander hoofmomente van die liturgiese gang voor.

Sang is diensbaar aan die woorde waarmee met God in die liturgie gekommunikeer word omdat die gemeente daarin as geheel aan die woord kom. Die lied dien asít ware as Formulier om in eenheid te aanbid, smeek, bely, prys, verheerlik en te verootmoedig. Waar sekere Psalms en Skrifberymings hulle daartoe leen, kan van wisselsang gebruik gemaak word. Die liefdegawe of Christelike handreiking vorm deel van die antwoord van dankbaarheid op die Woorddiens. Met hierdie daad betuig die gemeente sy dank aan God vir die meedeling van sy genadegawes op tasbare wyse. Psalms het in die geskiedenis en moet vandag ook nog dien as gebede, belydenisse, lofprysings en voorbidding en kan in die plek kom van sekere geprate gebede.

Die "amen" aan die einde van handelinge soos die prediking, gebede en geloofsbelydenis is die gemeente se instemmende belydenis en bevestiging. Die seŽn van die Here aan die einde van die erediens het nie die betekenis om die slot van die samekoms aan te dui nie, maar wel die wegstuur van die gemeente om onder die seŽnende hand van die Here tot die aksie van diens uit te gaan.

Luister na Preke: Kliek op skakel hieronder
 
GK Belville GK Belville-Oos GK Benoni GK Brooklyn GK Centurion
GK George GK Pinetown GK Potchefstroom GK Randburg GK Sasolburg
GK Stellenbosch GK Waterkloofrand GK Windhoek Suid GK Wonderboompoort GK Bultfontein

 
terug na bo
 

Tuisblad | Wie is ons? | Plaaslike Kerke | Gemeentes | Kommunikasie | Publikasies | Sinodes | Argief |Kontak Ons

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com

We recommend that you view this website with: MS IE 7+ of Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0